Egskeiding
Dit is ‘n lewe saam gedeel vreug en verdriet saam ervaar. Nou raak hulle verveel, voel nie meer liefde vir mekaar; Verwyte, beledigings en pyn gevoelens bars tot uiting! Vergete kosbare samesyn getuienis van die skitterende ring. Die hof besluit oor die kind, wee word vir ewig geskei. ‘n Ander sal hulle wel vind en […]
Toegeblaarde Emosies
Kon ek jou geilrypwese met my knipmes skil en so jou dan in ragfynskyfies naatlangs kloof, dan kon ek dalk die smagting diep hier binne stil; sou ek my siel se eindloos soek na jou kon kloon tot helder meersang van die kleurvol’ kardinaal om ongebonde enkelsiel in jou te woon. Maar nou’t die doodgaan […]
Dis sulke doef-doef geluide.
Vrolike spierwit skoenlappers smash een vir een vir een v i r e e n teen my windskerm en skiet gate in my hart. @ Anria
Vier seisoene koester
Stuur ‘n Rooiborshoutkapper sodat sy ritmiese klop met skerppunt snawel hartsluike wyd -sper jou binne laat fladder jy beeldend weerkaats in sy ronde, stil pupille Stuur ‘n ge-oliede melodie met suiwer liefdesnote op vlerkwieke van wind dansend duis’lig meegesleur op maat van uniek’ musiek so eie note terugversend na stil spesifieke beeld aan my so […]
Onverstaanklank van woorde.
Tussen die dorre stoppels van onmagwoorde dwarrel daar dwarrels in my om nie te kan sê wat die verdiepte musikale akkoorde van my hart se klop voor jou voete neer wil lê. Maar, my hartlam, onthou jy nog die maan se skyn, die weggee van sy goud as glorievolle pand en ons beloof om liefwees […]
Briefie vir jou (1) …
die oggend het gekom sonder ‘n blink sonstraal en dis op sulke dae dat verlange my inhaal dis die kere wat ek jou so graag by my wil hê sodat ek met jou kan praat sonder om ‘n woord te sê dis die kere wat ek net teen jou bors wil leun sonder om te […]
AMETIS (dis in die klip)
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Jy blaas en blus my vlamme
Is dit die landskap van die strand in jou lyf wat onder die streel van my vingers verstyf want met die goud-grof van jou skitter sand blus jy die vuur-vlam van my passie-brand. Neem jy my op reis met perfek gekose woorde lei my deur jou soutmansland na groen wingerde en boorde na daar waar […]
Laaste siele-hitte …
as die winterwind yskoud aan my hart kom vat en voor my lê ‘n lang en nat vol-moddergate-pad dan wonder ek of daar ooit weer son gaan skyn want my laaste siele-hitte het saam met jou verdwyn © borrels
Jy is hier
jou hande is berekend en ek wonder oor die omvang van binnesag dye wat dit al verken het elke versugting wat jy al bevredig het tydens middernagtelike swye (die gordyne staan vol geasem met die aandwind) ek absorbeer druppels olie uit jou hande slurp gretig om ‘n sewe jaar droogte teen my tong te les […]