Verlang
Vlamme flikker flou teen kreefnette en ‘n brander bruis rebels deur kitaar akkoorde wat sterf in splinters van gebreekte skulp. ‘n Tafel kraak enkelvoudig en die afstand tussen die maan en hier word slegs ‘n hanetree. Vygies stu deur sproei en stormduin en ek meet alweer jou voetval teen die knusplek van die suiderkruis en […]
Resensie: Die film, Ek en Kaminski
MET DERTIG is jong mense wat pas ‘n universiteitsgraad ontvang het gewoonlik trots op hul prestasie en dikwels eersugtig. Sommige ly onder selfoorskatting. Menige, nie alle nie, word bekrompe, arrogant, skrupelloos in hul poging om na bo te streef. Mense kan, soos hulle oud word, al hoe milder word, kan ‘n seënsryke uitwerking op hulle […]
Sonder jou in my môre …
sal jy môre nog daar wees om my vas te hou sal jy môre nog loop met jou hart op jou mou sal jy môre nog opstaan en lief wees vir my sal jy môre nog vra om ‘n soen van my te kry sal jy môre nog ‘n rukkie stilstaan en my nog ‘n […]
Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel vernietig. Ek sny jou met my warrelwinde en maal jou gedagtes fyn. Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel verpletter. Ek breek jou hoë mure af tot op die grond en laat jou weerstand verbrokkel. Ek is die storm wat […]
Deesdae se vrae (Onbeantwoord)
Geen gedagte-stilte is meer in my mal kop te bespeur wanneer jou stem knus lepel in my oor kom lê. Ek het weer op planete begin wens die melkweg se sterre getel want deesdae is daar baie gekromde uitroeptekens saam al die ander wat kordaat regop staan om hartjies langs jou naam te spel. Wonder […]
Resensie: Die film, Soos die vader so die seun.
Wat soms gebeur, nie dikwels nie, is dat in die bes-gereëlde geselskappe, ook in die bes-gereëlde inrigtings in ‘n geselskap, ‘n fout ontstaan. Ewe in ‘n hoogs-industrialiseerde, higiëniese volk met ‘n hoë vlak van opvoeding soos in Japan kan dit gebeur dat twee kinders in ‘n geboortekliniek per abuis uitgeruil word. Dit gebeur in die […]
Gedagtelose strande
In gedagtelose oomblikke Poison Ivy jy om die golwe in my brein vat jy my hand mosselskulp dit toe in joune wys jy my jou droomland se strand vat my sagkens om my middel daar waar my rug soepel buig dan lei jy my jou seestrome in jy, my meerman en ek, jou meermin.
Skryf iets positiefs
Skryf vir ons iets positief Iemand wat ek ken stel die ander dag voor dat ek iets positiefs moet skryf. Deur die klompie jare wat ek die lus en leef van die griffel van gedagtes en gevoelens en ervarings as perdjie sonder stok beoefen, kon ek nog nooit my gedagtes regtig so ver kry om […]
Voor my in die klas
Voor my in die klas Jy staan voor my in die klas by jou tafel, met jou moedertaal … Die hele deurmekaarspul en debat oor taalregte in onderrig, klasgelde en klipgooiery deur ongelukkige studente, is nie eintlik vir my ’n steurnis nie. Dit skeel my min of die lot wat die strydbyle opneem om Afrikaans […]
As jy tussen sterre ‘n draai gaan maak …
oom Frank het gesê “fly me to the moon let my play amongst the stars” hoe het hy geweet my hart wag vir jou daar as jy later vandag tot by die maan vlieg bring vir my ‘n klippie saam skryf daarop ‘n liefdesbrief as jy tussen sterre ‘n vinnige draai gaan maak onthou om […]