Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
JEUGVERHALE: Op SA Skrywers;
JEUGVERHALE: Op SA Skrywers; Skryf ‘n storie geskik vir: 6-13 jariges: ongeveer 800 woorde of minder Merk duidelik JEUG 3-6 jariges, en stuur vir my by elsabedebeer8@gmail.com voor 31 Oktober
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali Sy moes haarself ook ontvorm; vasgevang in die vlaktes van vergetelheid (in ‘n rustelose misnoegde droom) moes sy met swaar voete wat stadig slapend sleep- soos een wat met dooie vlerke probeer vlieg treetjie-vir-treetjie vorentoe stoei; om haar oogkorrels oor die […]
Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek, treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap staar ek verdoold na dié vergete plek; sy soene het my indertyd reeds ontsnap. Winter het barbaars en hard geskop met kil krete wat kleefkoggel soms wou ek die vlaktes in galop, maar die kosmos het geril […]
RESENSIE: Die film, TUSSEN HEMEL EN HIER
TUSSEN HEMEL en HIER In München het Amelia ‘n boekwinkel wat sy van haar pa geërf het. Sy ry met haar ma met vakansie na Ierland, waar haar ma haar sê dat sy ‘n adoptiefkind is, en dat haar wortels hier in Ierland lê. Die moeder sterf aan ‘n hartaanval, en Amelia het skielik behoefte […]
Fyn soos fynbos
Ek sien jou staan teen krans en klippilare. Daar is fynbos in jou arms en jou vel is soos ivoor. Die winterson toor heuning en amber uit jou hare. Die aarde is van jou bewus – sy weet jy is ‘n kaalvoetkind wat net partymaal skoene dra. (Sy ken jou vrae, maar elke antwoord hou […]
Syns vir die Najaarsblomme
Roesvlekke op die najaarsblomme vertel haar ‘n storie wat sy nie wil hoor nie. Mae knyp haar oë toe, maar dit help nie. Beelde van wat gebeur het vul haar hele wese. Twee Feëryke buite Feërie het baklei oor eienaarskap van die land waaroor sy loop. Swaarde het koppe verwyder; pyle het hul merk getref […]