
wat is
soos ‘n meeu in swewende vlug
draai my siel ver bo alles in lug
golwende duine seelangs strek
sand ongevlek met water bedek
soos ‘n reier in uitgestrekte vlug
sweef siel saam met hom in lug
deinende golwe horison omspan
windsprei soos perde ingespan
soos duine droog en leeg staan
kyk my siel fynbos wat vergaan
skrop fisante saadjies uit sand
kordaat die haantjies om hand
soos misbanke strakkies opstaan
kom vlieg my siel rustig langsaan
sak son getrou weg in rooie gloed
staan nag op in kenmerkende roet
soos jare verslyt oor my duine-nes
vlieg gedagtes in tydlose episodes
raak sweef ‘n werklikheid van lewe
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.