Vra my dit
Vra my nie my verdraagsaamheid – dis in ‘n put gedompel na ’n vreedsame land se helse verdeeldheid Vra my nie my geduld en hoop – dit het verlore geraak want ek is totaal kaal van menswees gestroop Vra my nie my skatte wat blink – krummels word gevreet neffens kerkmuis in spleet want die […]
Alles kom tot as
hier sit ons nou jy kyk vir my ek kyk vir jou deur skerms propvol woorde hunker ons na oorde na tye toe ons nog kon praat wat gesê is, is gesê dit wat gedaan is het geen keer en hoe klein is ons verweer wanneer harte sommer net wil bloei (oor elke wond sal […]
Episode vier: In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding
Die dae was skynbaar goed; die kalmte en wyn soet … Teen die einde van my derdejaar het wat eens ’n “surfer-image” jongman was, verander na ’n besige belangrike en ge-agte rolspeler in die studentelewe koekon. Die Nissan het plekgemaak vir ’n amper nuwe 3-reeks BMW met sy eie Baie Belangrike Parkeerplek op kampus. Teen […]
Jul Oë Het Ontmoet
Jul Oë Het Ontmoet Om lief te hê of om bemin te word deur iemand wat jou spesifiek bo almal in die hele wye wêreld raaksien waar hy of sy kon kies en keur maar die oë het op jou kom rus en jul oë het ontmoet— Die oomblik vul jou met magiese verwondering en […]
Bittere laatoes
Soos verkrimpte korente in ‘n haelskade boord hang eens swangerswel drome sonder hul naelstring koord Die vroedvrou sleepvoet verniet kort-kort gebukkend op loer na enkel tros vir soete laat-oes want hier is bitterdruppels gegiet
Op die asem van ‘n Pinksterwind
waar Pinksterwinde in lank vergete doringskrif vergifnisbriewe oor die aarde skryf hier waar sonde so welig bloei seerkry-wonde om genesing stoei as daglig dan skaam verby beloftewolke loer om stuitig vir die son te koer staar ons met splinteroë deur gebroke rame sien slegs ‘n spieëlbeeld van eie ego (in lasuurblou) vir dit – wat […]
Mammie, nes jy dit sou wou hê
Mammie, vanmôre toe daai werfbaaskapokkie van jou met sy koperstertkrulle en ver hoor snawelbek, vre-e-e-e-ede vir ju-u-u-u-ulle! dit driemaal uitkraai, het ek ñ bos Gerriehoeke nog blinknat gedou weer gaan pluk, Mammie, net vir jou. Want gister my Ma, het ek jou bal en klou weer Kobrablink gepoleer en so tussendeur jou witduiwe se gekoer […]
DIE WINKENDE DOOD HFSTK 8
Tydens die vakansie gaan Catherine huis toe en kom kuier Jaap n naweek vir haar. Dit word n heerlike kuier en kry Jaap n pos as rekenmeester by Boerevervoer want die werklas het te veel vir haar ma geword. Na die vakansie besluit Catherine om met haar Polo terug te gaan. Sy vat vroegoggend pad […]
Droogte
Van Blinkpan se kant dwarrel die stank van gevrekte skilpad en vis want sy fonteine lê droog en sy bronne verdor in gloeiheet se sis. En die sonbesies se skril het ook lankal verstil, verstik in stuifsand wat bar, aried reën-arm sandhose vir nog meer dorheid verpand… O, God, sal ooit ‘n swanger wolk teen […]
As disseldons dans
Die vuuurbal se glimlag word halfmas versteek soos die swanger dag oor die horison breek Disseldons dans oor die stofpad se blad as kiereie-kierie donkiekar koers dorp se kant toe vat Warrelwind kom kegel rooistof teen die duin ou miskruier strompel in tru-rat deur woestyn Rollende wielspinnekop kom dronkerig kietsregop salamander trippel kruispoot om te […]