Soms roep die lewe halt ……
Toe jou wit onderrok-kant daar oor jou skouer gly, het op jou hals se blanke-ivoor ñ sonnestraal gedy. Carpe Diem in tyd, het my hart dit totaal verloor, in sy hunker om daai stukkie naak saggies te soenknibbelbyt. En toe jou oë myne ontmoet, so half bly-verleë, sê jy oor my tere emosie-woed oeps, al […]
Sneeuwit Teen Swart en Droef
Swart en droef loer hy oor die rant van vals geluk as Skoppensboer wat slobber in sy haat en hoon met vermeende mag oor God se Liefde onbesmet want lankal reeds het hy met jaloesie se roesigheid gelê en sinister met nyd gewag vir Wie die Hemel om hom heen sou priem maar sneeuwit het […]
Voetstappe
Ek kan nie sien , en tog kan ek sien [ ‘’Toegesluit deur stilte en duisternis besit ek die lig wat my duisend visies sal gee wanneer die dood my vrymaak’’] Helen Keller. Ek kan nie sien en tog kan ek sien want in die naderende duister was kleur natuurskoon, jou beeltenis en blommegeur in […]
Pleisters
Pleisters Ek het kop tot tone orals pleisters van seerkry want my hart is flenters oor al die oop grafte waar ek geliefdes moes teruggee aan moederaarde want die een boom na die ander is die afgelope jare uit my hartswoud gekap en geplunder die oop gate en wonde gelyk gemaak en bepleister maar genesing […]
Bessie (Deel 4)
Twee ure later sit Bessie in die passasiersitplek van juffrou Malherbe se motor. Die maatskaplikewerker-tannie het gesê sy moet vir eers by iemand bly tot alles uitgesorteer is. Bessie het net haar ma gehad, nou is haar ma weg en sy het niemand. Sy weet êrens daar buite het sy ’n pa, maar sy het […]
Episode drie: In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding
Terwyl ek hier sit en aan die herinneringe van my voertuie en die kaskenades in, om en met hulle herkou, sak daar ’n lap van skuld oor my gemoed neer. Voordat ek my heel eerste voertuig met my eie geleende geld gekoop het, het my ouers en uiteraard meer my Pa as Moeder, my van […]
Ons Eerste Soen
Die meesleurklanke van die wals het oor die vloer gesweem toe ek jou slanke liggaam mals in bewendgretig arms neem. Ek onthou nog goed die aanraak van skrams jou liggaam teenaan my, die oopbreek van my hart se braak met Eros-liefde diep gesny… Ek dink steeds t’rug in bly onthou ek wou net dans, jou […]
Illusie Van Die Blou Deur
Illusie Van Die Betowerende Blou Deur Die fassinerende helderblou deur is soos die hemelruim op ‘n wolklose sonskyndag en lyk so vriendelik en uitnodigend dat jy graag daar wil gaan inloer maar dis altyd raaiselagtig gesluit— Wat sal dan die geheim wees en wat skuil agter die toe deur? Skielik voel jy die afsydigheid aan […]
DONDERDAG,3: Luiers
Regerings moet mens soos luiers uitruil – en dit uit dieselfde redes. [Pieter Pampers (nasionaliteit en geboortsdatum onbekend)] ©.2016…………………………………………..◄]:o)…||…(o;Þ……………………………………………………tje
Bessie (Deel 3)
Bessie se Maandag gaan stadig verby. Niemand praat met haar nie en dis asof die onderwyssers ekstra kwaai is met haar, maar Bessie trap mooi in haar spoor. Sy praat met niemand nie, sorg dat al haar werk gedoen is en sy teken nie een prentjie in haar klaswerkboeke nie. Gedurende haar twee pouses probeer […]