Donga
As die son die verre kim oorklim en wolkies kleur het kaalbas Tswanna-seuns saam met die bees geloei bang in die vlakte van jou waterpoel kom stoei, gebombarie, gelag, aan tyd hul nie gesteur, want jy lê meer as tagtig jaar so op jou rug met uitgegrawe binnegoed van klip en grond. Maar slaaptyd trap […]
Die dae hier, is vanielje …..
Die dae hier, is vanielje, bloeiselboontjie-geurig-ryk, maar ek mis, (soos met ons eerste seun se geboorte), die teerhied in jou oog se kyk na my borste se soogvolswel toe in volsirkelliefde, ‘n druppel daaruit opwel. Ja, die dae hier, is vanielje, soos sampanje hou ek elke sekonde op ys, die skemer se purper-oranje en die […]
Mumtaz Mahal
My verkose Beminde, jou hare het die maan se glans gesteel, jou oë is gebore uit stergrafiet, in jou asem dwaal die appelboord se geur en die granaat se rooi-ryp-pit het jou lippe karmosyn ingekleur. Jou nek is ‘n addolossente swaan, jou kop: so trots en fier omhoog en in jou boesem se warmsag, val, […]
ONS VRA
ONS VRA Ons het nie die antwoord nie op al die lewensleed en wee. Die antwoord is nie so eenvoudig nie. Ons soek. Ons vra. Ons wonder dan: Gaan daar ‘n antwoord kom? Daar gáán ‘n antwoord kom – miskien nie nou, maar wel hierná.
GRYP DIE OOMBLIK
GRYP DIE OOMBLIK! ‘n Klompie jare gelede was Koos en ek vir ‘n paar maande in Zambië gestasioneer. Ons selfone was nie internasionaal gekoppel nie. Ons was afhanklik van Pieter en Elsie se huisfoon vir oproepe na Suid-Afrika. En was dit duur! – sestig rand vir drie minute se kosbare gesels met ons geliefdes. Pappie […]
Eggo’s uit die krans
In ‘n silwer rivierstroom tussen eggo-kranse en klowe het ‘n hart sag in mos gevou wyl rooivinke ritmies in riete wieg Daar waar spookasem wolke kolk- staan sy kelkhand, palms na Bo om genade en vrede af te smeek kettings van gisters los te breek Haar spieëlbeeld weerkaats op kartels van die water dis eers […]
Omgery
Omgery In die pad lê ‘n klein hopie bloedbespat nasleep van vrotsige remme, vervaardheid en ongeduld van spertyd se gejaagdheid— Verkeersdom ou hondjie ‘n weerloos verdwaalde bondeltjie kerm verdwaasd flou ineengevou— Vir oulaas in die truspieël kyk hoe warrelwindjie oor hom stryk met stof en sand bedek en haastig wyk die pyn aanskou van stryk— […]
Die Kerkhof
Dit is rustig, dit is stil, ewig-presies volgens God se wil, lees in die begraafplaas se lang kerkhofboom, die inskripsie: Hier rus alles goed en mooi en vroom. En tot ontvlesing onder ou grafsteendatums vreet, as ewige ultimatums die wurms van die marmerhof, siel na siel se stringe DNA-stof. Tot eendag, as engelevlerke die lug […]
Man met die kruis, daar op jou rug
O man, met die kruis as verheerlikte kleed daar by die poort van die Paradys op jou rug, glimlag jy, Henog en Elia witgebit-breed as julle skaap vir skaap in die hemel welkom heet? Het jy, man met die kruis toe jy in angs en pyn daar langs onse Heer so desperaat nog hang, ooit […]
Finland, o Finland
Verre land van ñ duisend mere, jou naaldbosgeur sprei uit die amandelpit van my tere siel, haar ibis vlerke hoog, hoog oop ver bo jou yswitbere se diep-duik-stiltes en laag, laag tot onder jou waterpriële se reënboogvis. En vannag, vannag my Lief, so mooi in otterpels geklee vanaf Helsinki die woude in, sal jy my […]