Zambië Kuier – 4
Goggas en slange, muskiete en ander kriewelende gediertes, het ek die eerste naweek oorleef. Die daaropvolgende week oorleef ek ook donderstorms en die gereelde agt-ure-per-dag kragonderbrekings. Een dag moet ek selfs vir dertien en ’n half ure sonder krag klaarkom. Die ou opwekkertjie het nie eers genoeg gelaai om aan te skakel nie, wat nog […]
Berg-ontspring se see-uitmond
Najade,* in jou kringloop van see toe wals, glim vlekloos die son maan en sterre om jou akwamarynhals, weerkaats hoogswangerwolke skommelend in jou kabbellied, as die lente haar silwerkruik oorvloedig oor jou dalingsdepressie uitgiet. En in die somer se dooie-rus-blou bak jou paddavissie-sloepe uitbroei-lou, en as die langtoon deur waterlelie se vleibosriet sy hoogtraptree paraat […]
Bessie (Deel2)
Bessie baan haar weg oop tussen die rommel tot by haar ma. “Mamma, word wakker.” sê sy en skud haar ma aan die skouer. Haar ma kreun saggies. “Mamma, word wakker!” sê Bessie ongeduldig. Haar ma sit stadig regop, sy hou haar oë toegeknyp en sluk-sluk aan die droogheid in haar mond. Bessie loop kombuis […]
T0egevoegde Waarde
Toegevoegde Waarde Oudword is bloot ‘n fisiese beslommernis— Die enigste bekommernis is dalk ongemak se wakkerlê wat nagrus ontsê, maar elke jaar se leed en vreugde opgegaar het in toegevoegde waarde gegroei met immergroen bloei tot ‘n kennisryke en rype skat, vasgevang in ewige jeug van verwonderde vreug oor elke dag se vrag van kleur, […]
As . . . .
As kind het jy my gevind en saam het ons gegroei in ons weë saam gebind As tiener het jy geneem wat vreugde moes wees liefde het hom vervreem As wese het jy versteen en my met jou geneem deur eensaam en alleen As anker sonder ‘n ketting had jy geen doel vir lewe en […]
‘n helderpienk gedig
daardie dag waarop jy dood is was Matsikamma aan die blom oor die rantjies en die rûens tot onder in die laagtes waar kuile in valleie kom die pienkste kandelare het gebloei deur sand en klip en dat iets so mooi verby moes gaan was veels te hoog vir my begrip maar daardie herfsdag – […]
‘n Skuimpie Wroeg
Met skemering, toe die vinke by die vlei die lug deurweef met helder rooi en geel, het ek net vir ‘n wyle my verbeel jy loop weer deur die riete saam met my… Want alles was soos toe ons, sy aan sy, gehoor het hoe die windjie deur hul speel. Ek wou die uur se […]
DIE WINKENDE DOOD HFSTK 7
Maandagaand toe Dalene by die huis kom is Catherine dadelik by haar en val dadelik met die deur in die huis: “Dalene ek wil ernstig met jou praat. Jy is besig om jou eie lewe te verwoes met jou lewenswyse. Die daggasigarette wat jy rook gaan jou na sterker dwelms dryf as dit nie reeds […]
‘n Gevaarlike liefdespel..
” Jy dink seker ek maak ‘n grap as ek sê ek is lief vir jou Lizelle! Ja, ek en Janine is in ‘n verhouding maar ek gee vir haar vanaand die nuus dat ek jou onvoorwaardelik lief het, sy gee nie meer om vir my nie!” beloof Jan-Hendrik. “Nee moet asb nie Hennie, sy […]
In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding. Episode twee.
Dit was nie die eerste of enigste keer wat ek ’n Tienrand boete gekry het nie. ’n Jaar of twee vantevore het ek op twee geleenthede die wet oortree en met ’n stywe tien rand daarvan afgekom. Die eerste was musiek se skuld. Die Walkman het pas op die rakke verskyn en ek het ‘n […]