Sweef op ‘n droom
Voel jy die saadjie verkluim diep in die sneeu begrawe sal jy tog ‘n sonstraal bring om sy wortels te kom lawe Hoor jy die straaltjie doer in die magtige oseaan stuur jou sterke seestroom om sy weg oop te baan Sien jy dalkies ‘n vonkie in die stikdonkerste nag voorsien aan hom ‘n vlam […]
Baie Goed, Dankie ( The Great Pretender = Queen)
Baie Goed, Dankie ( The great pretender=Queen)) Ek het heelnag wakker gelê en my bekommer oor dié en oor daardie se swak gesondheid of netelige finansiële verknorsing— Jy steier onder vrienskapsverliese deur emigrasie en afsterwe, almal om nooit weer te sien nie— Jy is ook sielsongelukkig oor al die misdaad en korrupsie maar byt maar […]
Alleen As Brandwag
Alleen as Brandwag Ek staan hoog en skeef op die rantjie met my sywaartse geboë stamrug kleintyd gekrom van onder uit die klippe te reik na sonlig en groei en jarelange stryd teen onsimpatieke elemente vir oorlewing, want ek het in dorre aarde ontkiem en ek moes my staal teen onhoudbare winterkoue, versengende hitte en […]
Ou Gekraakte Hart..
Gekraakte hart, vanaand raak ek van jou ontslae. Ek soek liefde, ek soek weer ware liefde in my lewe. Jy gaan my nie keer nie, God het vir elke pot ‘n deksel gemaak, en myne is oppad ek glo dit, en vanaand heel Hy jou, ou-kraak. Jy sal weer vernuwe, sodra ware liefde in jou […]
Fruhlingsrauschen ( Lentegeritsel–Sinding)
Fruhlingsrauschen (Lentegeritsel—Sinding) Die eerste swaeltjies het statig groots vlerkswewend as herouts van die lente in helderbloulug en sonskyn arriveer en met grandiose verbyvluggroet fruhlingsrauschen ingelui— Die natuur kriewel en kruip uit sy hibernasie en groen botsels en bloeisels laat skurwe kaal takke uiting gee aan vrolike lentegeritsel oor vernuwende jeug se groeikrag en veerkrag in […]
Somer Vaarwel
Somer Vaarwel Die swaeltjies maal en maal en vergaar in swerms bymekaar in die lug want hul het die nessies verlaat en die seisoenstaal praat die somer is terminaal— Venstertjies is toe die hortjies en gordyne getrek die deurtjies gesluit en sleuteltjies veilig geberg, ma, pa en kinders instinktief reg vir trek vort op die […]
In Verband Met Liefde
Soms maak liefde seer, sodat ons uit ons foute kan leer. Maar ons mag nooit opgee nie, want vir elke pot is daar ‘n deksel. En as die dag as jy voel jy kan nie meer, vat eers ‘n ruskans, dalk klop daar binnekort ware liefde aan jou deur. Vergeet van die seer wat jy […]
NAWEEK, Wandelaar se weg
Wandelaar, jou spore is die weg, niks anders nie. Wandelaar, daar is geen weg nie. Die weg ontstaan as jy hom loop. As jy hom loop, ontstaan die weg. En kyk jy terug, sien jy die pad wat jy nooit weer kan betreë nie. Wandelaar, daar is ja geen weg nie. Slegs ‘n kielspoor in […]
Huldeblyk Ingrid Jonker op Skatkus Stereo
Hallo almal, Saterdag aand 6 uur die 16de April doen ek ‘n baie spesiale huldeblyk, aan die einste bekende Ingrid Jonker, ons gaan haar ook beter leer ken in die huldeblyk, ook gedigte wat sy geskryf en self opgeneem het gaan gespeel word… OM TE LUISTER: http://listen64.radionomy.com/skatkisstereo www.skatkisstereo.co.za http://tunein.com/station/?StationId=260376 KOM KUIER GERUS SAAM IN DIE […]
DIE WINkENDE DOOD HFSTK 6
Sondagoggend doen Catherine baie moeite met haar voorkoms en trek sy n keurige swart baadjiepak aan om saam met Jaap kerk toe te gaan. Sy kies haar juwele met oorleg en beskou sy haarself met genoegdoening in die spieël toe sy die klop aan die voordeur hoor. Voor die deur staan Jaap. Hulle groet mekaar […]