Newelbestaan
Newelbestaan Alles is vaag,abstraksie ’n ewige mistigheid synde gestremd die IK laag, die lewe ‘n grys newelbestaan op ‘n eentonige lang gelyke baan sonder hoogtes van skerp insig, geen dieptes wat roep om lig die woorde bly gesluit so swyg snaar en fluit en staan voor toe deure en ween oor die noodlot se newelgeen—- […]
Ek sien half deur jou oë
Ek sien half deur jou oë diepkraakplooie wat raakpraat in ‘n hartkontoer met heimwee padkaart menig bruin vlekkies wat ‘n storie vertel van ure in die son, dae gevul met hel Ek sien half deur jou oë skewe knopskouers wat moedeloos hang rimpelhande wat eens sekuur kon vang voete wat skuifelend, versigtig trap flou energiebron, […]
Afhanklik
Afhanklik. Swaartekrag is die naelstring wat ons stoflik dwing om lewenslank vasgebind soos ‘n kind geeneen ooit gespeen en losgemaak na eie waarde te klou aan moederaarde se ronde buikwand met vasgeklewe hand rondomtalie voortspoed en borsvoed ewig afhanklik, verganklik— Janetta – Helena [Babs] ©
Satan sang
Jy met jou lostorring snymessie tong torring al my nate los Jy kom lê en loer na alles wat ek doen Jy ruik my swakhede op Jy weet waar om jou nes te maak in die warboel van my siel Ek volg jou so sit-sit maar so draai die wiel. Torring maar satan torring maar […]
VIR JOU
‘n Vonkie roer en word ‘n vlam klein houtjies glimmer en terg die kwart gekapte stompe om grootmens vuur te word. Vir jou loop ek doodloop strate toe vir jou sterf ek sonder terugtrek se berou Sonstrale steel die groen van nat bedoude lelies af en ek soek oornag slaapplek vir my liefdes woorde net […]
Lugkastele oor jou
Ek wil lugkastele bou ek wil jou naam in my hart hou wanneer ek spreek, wil ek dit uit skreeu en jou wese in my toevou Jy drup op my gedagtes as jy smelt-ys word wanneer die hitte van die son jou deurtrek, deurgrond . Jy trap op my tone wanneer ons om en om […]
In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding.
Episode een. Vanaf die dag wat ek sinvol gedagtes kon begin saamvoeg en bewaar en al die sonsondergange sedertdien, was daar ’n voertuig van die een of andere aard wat haarself binne-in, of ten minste baie naby aan, die kern van elke gebeurtenis en ervaring kom neerplons het. Die ander aand om die etenstafel het […]
Kom ek vertel jou
Vandag wil ek sag vir jou vertel van die sonskyn se lag en hoe hy seunskind-sku sy strale oor die aarde spu. Sal sy een oog oophou-loer wanneer my en jou paadjies poog om te kruis? Of sal hy playful(guitig) agter ‘n wolk inkruip sodat ons mekaar in die donker kan knyp. Vanaand wil ek […]
Bladwisselend is beter
Bladwisselend is beter Dae word korter en sleep kleur saam op ‘n reis om die son in wentelbaan. Groen raak afgesaag as jy dit elke dag sien en bid vir afwisseling in jou bestaan. Stilweg bleek groen tot geel en steek dan vas in bruin se jas. More kom die son in nuwe kleur op […]
Hipoteties
Hipoteties …is geluk ‘n glimlag op ‘n sterwende se gesig of rykdom blink en gevorm in ‘n aantal nulle. Dit vergestald in die son se skyn op die irisse van ‘n blinde? Geluk dreun in die ore van die dowe en weergalm op die tong van ‘n stom man. Ek wonder tog of dit in […]