Soenoffer
die vrou wil iets saambring uit die onbegrensde land waar sy haar sawens bevind waar sy serpentyn trappe van nag beklouter tot in knus holtes van ‘n marmer maan die vrou wil iets saambring wat nog in wierook walm, waaraan die vlerkgeklap van vlermuise nog kleef – taai en soet van saad en verwagting die […]
Skimmel skim
mis molm teen blinkblaar met vlerkgeflap van uile wat buig waar skemer se skeeloog wink – pipistrelle spotterig gelyn toe sy in nag se deuropening verskyn dopluis roesterig teen varingblare skilfer groen teen greine van bruine – mos mos mos net smarag as sy die een is wat ligvoets trippel deur nag stoom stu stuimig […]
Eerste reëns
tussen platgetrapte grensdrade staan gousblomme met blomkelke na die hemel gelig jou spore oral rondom my op die voetpad gerig eien ek tussen rommel en as kleinode wat jou so volmaak in my skede kon maak pas; betrokke wolke teen die oosterkim omlyn jou silhoeët teen skouerblaaie van my haaimat – waar ribbebeen en dolos […]
Enkel drenkeling
Winde en storms het ‘n verbleikte seil laag, halfmas laat hang wyl trane van gisters – versteen op ’n wang Op soutsproei wieke van die winterswind sweef ’n seemeeupaar as hul koggel eggo – drome verder verslind Al dobberend die drenkeling nader mistige horison op selfgemaakte skuit sinkend skommel en skud – die silhoeët van […]
God se Volgeling
Alleen het ek gesit, op koue vloer honger en so eensaam. foute het ek gemaak, en my sondes voor U belei. En vandag het ek werklik ‘n beter lewe, dankie Heer dat U my vergewe. Nou volg ek U elke dag van my lewe, en ek het geleer om mense wat teenoor my sondig, elke […]
Ek is jou man en jy’s my vrou..
Ek is jou man en jy’s my vrou.. Kosbaar is die lewe nou, ek is jou man en jy my vrou. In liefde sal ons saam lewe, tot die dood ons eendag skei, daai eerste keer hand vashou, nog jonk en nie voorbereid, Daai eerste keer onder die boom vry mooi is die lewe nou, […]
HERFS
Die seisoen se deurwagter tel die tolgeld en rol ‘n kwart stukkie nuwe kleed van die seisoen se materiaalrol af vir Herfs wat bakhand staan en wag Gekleed glip die Herfsbruid uit die omhelsing van haar Somersminaar al dansende eensaam in die hitte van middagson terwyl haar wilde tango visioene in-ets teen my kamermuur Opgeharkte […]
Die Uitkamp Kwartet
Ek sal regtig nie kan sê van wie die gedagte nou eintlik gekom het nie. Gedagtes word mos sommer so uit homself gestaan en worre. En hierdie gedagte, had ek aanvanklik geglo, was ook so die wêreld ingekome. Later het ek egter introspeksie gedoen en toe ‘n baie sterk vermoede begin koester dat die duiwel […]
Beskore
die gesoute psige se dorstigheid soos die herdersfluit se melodie deur tonnels van rede, ‘n armdruk teen aanslae van begoëling met ‘n drang om die soete waterbron te vind – daardie borrel-spruit wat akkers van die hart oorspoel, wat blink klippers nalaat in drukgange van verganklikheid – ‘n soeke na die bron van jubeling om […]