Lampe En Kerslig
Lampe En Kerslig Vanaand is die ligte so onnodig helder en skerp met geen lamppit om die vlam af te draai of ‘n oogvriendelike sagte en beskeie kersliggie in sig nie —– Ek verlang na die ou karaktervolle pragtige paraffienlampe met hul sierlike lampskerms wat ‘n ontspanne, vriendelike en huislike atmosfeer van hul eie kon […]
Amper te laat
Ek wens ek kon vir jou net mooi woorde skryf om hierdie emosies uit my lyf uit te dryf. Ek sal nooit kan vergeet, het lankal reeds vergewe. Dit moet ons mos doen S-E-W-E-N-T-I-G maal sewe. Toe jy reeds verteer was deur kanker en deur smart het ek geweet: om die dood kan ek jou […]
Namibië
Namibië Die dorre Namib was my adamsrib die naelstring wat my bind oral waar ek my bevind— Gebore en getoë in die verre suide in Namaland was my tuiste en het op Warmbad skoolgegaan langs die droë Homrivier se gaan—– Ek ken sy droogtes en dondernuk bui skroeiende sonbrand op vel rooibruin, en ek ken […]
Reënboog sinsnedes
jou goudkwas heuning sinne eens boepensvol gevul met reënboog-mooi beloftes drup in karkas van ‘n wolf wat skaap se jas wou dra maaiers vreet hul feesmaal as die reënboog sinsnedes mettertyd verrot, verdof in hul sterk dermkanaal
Onthou jy nog
Onthou jy die witgekalke plaasopstal met sy rooi-roes dunwiel trekker op sy enjinkap die swart kapokkie toe as ons enigste wekker Hoor jy die kierie-kierie windpomp wat suig en spoeg in die dam met sy grootsnor vet babers wat ons met die hand kon vang Daar het Mamma haar af staan sloof varkkaiings krakerig uitgebraai […]
‘n Man se probleme ..
Hier sit ek alweer in die kroeg, ek kyk diep in my glas, ek is moeg geploeg. En die borrels in my bier, begin my lewe nou versier. Drink die sorge weg, maar môre is dit weer daar, plus nog een, ek en dié vrou wat veg, aai ‘n man raak ook moeg, finish en […]
Soos die voëls van die hemel
hoe dans ‘n kwikkie tog so wipstert fyn rinkink ‘n vink, en laat die riete roer in bome, waar die son deur blare skyn breek die dag vir ‘n duif wat lustig koer as die rooivlerkspreeu so verleid’lik fluit en muisvoëls kwetter waar die pers bos blom drink jangroen uit die kanferfoelie tuit – hoe […]
STASIESTORIES
Net Buitekant Kroonstad, op die Bethlehem lyn is Featherstone stasie. Een van die stasievoormanne wat jare op Featherstone was was oom Koos van Dyck, ook n legende. So gebeur dit een jaar dat ek oom Koos moet gaan aflos toe hy op verlof gaan en val ek die aand nagskof in. Toe bedryf nege uur […]
Omnivoor Spons
Omnivoor Spons Mens onthou tot ver in die verlede soms maar net ‘n gebeureskelet in breë trekke, want oor die fyner detail het ‘n wasigheid toegesak en jy kyk deur ‘n dof gekraakte stuk glaspaneel, maar daar was gebeurtenisse so skielik en akuut waarvan die impak en breekslag jou wese aan skerwe laat versplinter het […]
Grootput Nostalgie
Die dae op Grootput, hoe kan ek dit vergeet? Daar het ons soos Boas en Rut se onder-by-die-voete-inkruip-lossingsreg, aalwynheuning en Mannabrood gebreek. Ek hoor weer die kinders se Livingtonstemme, hoe uitbundig hulle die kwartelbos ontdek – bederf jy ons met ñ worsie op die kole wyl ek impromptu tonele vasverf. Die likkewaan-okerkoppie, knietjiegras witgeeldof en […]