Somer is ‘n pou
die somer elk’ seisoen word geel en wolke grou na blou belofte wingerdstokke groen en staan getrou die winterreën weg gesteel die lande lag en speel en trotse druiwe pers en ruik soos vrou die glans van son so pronk van pou beleef ‘n bont toneel onreinhede deur gifhete skoongewas sonstale verhelder my gees hierdie […]
Dis blou
bibberend sit ek alleen op ‘n bankie koue muf reuk hang in die grys lug geel son skyn flou die veld is wit kristalvlokkies nat teen my wang dis blou hadida skril ego in my ore vallende blaar tol in die rondte gevriesde swaai wieg heen en weer alleen op ‘n bankie dis blou ©Roeline
Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Soms soos gisteraand droom ek dat jy nie weg is nie jy weet weg is op die aarde nie maar dat jy net kwaad is vir my en ek mag nie met jou praat nie. Dan kan ek nog sien wat jou foto’s op whatsapp is. Soms soos gisteraand is jy steeds siek en wil […]
Ek is Marieta deur Lynelle Clark
Marieta kyk na haarself in die lang spieël. Die nuwe snyerspak pas haar perfek. Die potloodromp omhels haar heupe stylvol. Die wit sybloes wys net genoeg sodat sy saaklik maar tog vroulik voorkom. Die baadjie skep die indruk dat sy in beheer is. Haar gemaklike swart skoene blink gevryf. Haar grimmering is foutloos aangewend en […]
Goeie nuus om julle boeke/bundels te bemark!!! Groenheide
Indien die bundels en boeke reeds gepubliseer is, sal ons dit met graagte op ons webwerf lys. Ons sal net graag so paar van elke boek in voorraad wil hou aan hierdie kant (m.a.w. op konsinjasie), en sal sommer ook van hulle by die plaaslike boekwinkels op “ons” rakke sit. Vanaf die webwerf verkoop ons […]
Seespieël van my hart
Gee my al jou mŏres Dan gee ek my liefde vir jou Jy is die seespieel van my hart Jy les my liefdes dors My hart klop klop naby jou My hart klop klop net vir jou Want ek is mal mal oor jou Laat my na jou soet woorde luister Hoor hoe die woorde […]
‘n Ma-herfs
They voice is on the rolling air; I here thee where the waters run; Thou standest in the rising sun, And in the setting though art fair. Uit ‘In Memorium:’ Lord Alfred Tennyson Die herfs weerkaats die oggendson geel deur die kamervenster terwyl ek my swart pak aantrek en voorberei vir die roudiens. Ek het […]
Onsienbare grypende donkerte
Onsigbaar sukkel ek om te loop deur pikswart teer wat kleef aan my enkels wat klou aan my voete wat probeer om my tot stilstand te dwing terwyl ek voortsukkel deur hierdie emosies hierdie wense en drome wat ek weet ek eintlik van moet vergeet maar ek sukkel voort terwyl die grypende hande brand om […]
Tussen liefde
Ek kyk diep in jou siel verby vandag tot in die verlede en voel hoe die woestynsand my kaalvoete brand My vingers vleg deur joune tussen ewe lekker en mooi die liefde is sagte woorde die liefde streel met sagte soene Ek sprei my liefde oor jou dorre hartstreek jy laat my wikkel en weef […]
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]