Die eerste skoot
(Oorspronklik geskryf vir Microcosms, met die porre “komapasiënt”, “melkwegoorlog”, “memoir”.) Hierdie keer het hulle nie vir ons myne gekom nie, maar vir ons ander hulpbronne – skoon water in oorvloed en goedkoop arbeid. Die oorlog tussen die kolonie en Aarde was oor in ses dae. Ek het wakker geword op die dag wat dit geëindig […]
Sou nie wou nie!!!
As die jare my iets geleer het is dit reeds dit ek sou nie wou nie want my hartsnare lê verlore jy weet mos wanneer is iets of iemand nie vir jou dieptes beskore en dit staan reeds in net dit jy hou vas aan iemand vir die vrees van iets wat jy dalk nooit […]
Abstrakte kuns
Word die hart deur die verstand aangedryf of word die verstand deur die hart aangedryf ? deur die handewerk van die mens is die begrip “liefde’ deur die wind vergans Wat is Liefde? liefde maak tyd kort maak swaar lig maak donker helder en maak drome ‘n werklikheid Liefde is vertroue onthou jy nog ons […]
versaking
skoon oop strande spierwit ongeskonde gelaat soos Vader dit maak elke nag se hoog water laat opdrifsels na laag water los gebreekte skulpies soms ontdek strandloper met dagbreek ruwe motor spore wat woeste kringe oor strande kerf seediertjies se huisies in sand verkrag dan krimp my hart ©Teárlach
Grootman
Grootman. Twaalf jaar gelede het ons jou na die Laerskool gevat, jy het vars spore na die nuwe skoolsaal getrap. Man-alleen het jy voor in die saal gaan sit, terwyl Mamma ʼn traan pluk en ek ʼn paar keer hard moes sluk. Jy was jonk, klein en tinger, maar dit was gister! Vanoggend het ek […]
Die uurglas
Die uurglas Kosbare korrels rol ongesteurd vasgevang in gravitasie se tuit waar niks hul tuimel stuit beur deur vernouing ongedeerd. Kosbare korrels vryval ver na benede betaal dan dadelik die hoogste tol as laaste oomblikke oombliklik stol die maatstaf van ʼn verlore verlede. Waarheen tyd verdwyn kan ons net raai jou sand sal spoedig ook […]
My Valentyn nooi
My Valentyn nooi jy josefskleed my dae met kleur jy jasmyn my met die soetste geur jy wag-‘n-bietjie vang my so bedrewe Jy rankroos my lewe deur en deur. Jy is yesterday today and tomorrow vir wie ek lewe jy vuurpyl my om na nog beter te strewe jy halfmens my as jy my geselskap […]
Kleinmens dagbreek
Kamerdeur op ‘n skrefie getrek – ek en bersie het ‘n sonstraal in ‘n canfruit bottel gevang, die deksel styf toegedraai – “Kom k-y-k pappa!” Die lang blou-overall man glimlag en vryf my hare deurmekaar; dít was ‘n windstil oggend. Maar winde van verset het uit my ribbekas ontsnap, die laaste leksels vrede – tussen […]
Liefde is ‘n slaaf
Ek wil net voel iets voel nie te veel, nie te min ek wil net voel Lyf reageer op lyf twee harte wat saamklop ‘n mens is nie gemaak om alleen te wees maar alles het ‘n prys Liefde is soos ‘n verslawing ek wil net voel nie te veel, nie te min ek wil […]
Ek was ok sonder jou, tot nou
Jy het my weer ‘n keer …van balans gegooi. Jy het my weer ‘n keer onseker. Ek het gedink jy het van my vergeet. @Anria