Ode aan ouers
Met wasige oë, kuier ek by herinerringe teer. Terwyl rou opregte hartseer in my hart inskeur. Verlange na my ouers, kom klop weer aan my lyf, Met ‘n tipe heimwee wat ek nie wil verdryf. Ouers wat in sweet, in alles kon voorsien. Liefde onvoorwaarlik wat ons nie kon verdien. Onmenslike werksure en koue wintersweer, […]
Brose Baba
Denise kyk af na die klein wese wat op haar bors lê en slaap. Sy kan sy vinnige hartklop teen haar voel. Sy sluk swaar. Reën spat teen die venster en die stormwolke maak die vertrek donker. Skadu’s druk teen hulle. “Jy is so broos.” Sy vryf oor sy koppie. “Ek sal my bes doen […]
Leuen & Waarheid
Die leuen loop rond dis in ons strate Die waarheid le soms alleen & verlate, Die leuen hoor ons uit ander se mond Die waarheid wat val uit die blaf van ‘n hond; Die leuen trek vinnig moeilik om te stop Die waarheid maar stadig alles met tyd, Die leuen word verniet aan mense gegee […]
Almal het ‘n storie
ek skryf vir jou ‘n storie smôrens as ek koffie drink wyl die son haar eerste strale oor hoogland en oor vlaktes skink ek grif ‘n bietjie blou daarin ek skets ‘n tikkie rooi die lag en ook die trane word met sierskrif opgetooi ek doop my pen in water ek doop my pen in […]
moeder
met eerste lig in my oë was sy maar daar haar donker oë flitsend oor my wakende oë wat alles sien sy was my moeder rein soos iemand wat moeder is kon wees geen taak te moeilik geen sonde te lelik liefde was sy liefde het sy gegee ingeplant in my gene in my gedagtes […]
owerste
soos wafferse matriarg stap fisantjie vanoggend uitdagende roep na haar maat waar ek op my duin sit en beskou kom prentjie van aleen-ouer-moeders wat spook en spartel om kop bo water te hou kinders wat misbruik maak van ma se goedheid pa wat net verdwyn of verantwoordelikheid ontduik belangrikste taak van elke ouer om kinders […]
MOEDER IS ‘N DEEL VAN MY
MOEDER IS ‘N DEEL VAN MY Moeder is ‘n deel van my ‘n stukkie wat in my hart sal bly ek is so dankbaar vir jou en my al die drome wat in my hart sal bly ek smag na moeder elke dag ek wens ek kon aan ma weer vat haar dukkies was so […]
oor bietjie
stil sit ek op my duin en dink tyd het baie emosionele effek sien jy daarna uit om iemand te sien na lange afwesigheid kan tyd nie vinnig genoeg loop vlieg weersien oomblikke verby briek jy tevergeefs tyd se wiel verloop dit pynlik by jou verby my duin bring helderheid in sig sigbare tyd is […]
Sereen soos poësie
deur die ruising van die vrugwater om my klingel jou stem deur die polsing van die naelstring brand jou liefde deur my alles, ja alles in Afrikaans Moeder jou liefde in eg Afrikaanse tongval was sereen soos poësie en het my geseën in volrond woorde ja, my fondasie was vas en seker in Afrikaans ©Anzé […]