Mamma
MAMMA Mamma, jy wat taal op my tong geplaas het kleure in my oë geverf het ‘n storie in my ore geplant het ‘n dansie in my spore gesaai het blomme in my trane rangskik het ‘n gebed in my stem gevleg het Mamma… dis jou siel wat onder my vlerke in geblaas is jou […]
Die dood roep my naam
Vir lank dwaal ek rond, wil ek nie glo Met Sy arms oop bekyk Hy my van bo, My lewe is donker deur sondes belaai Doen ek my wil dan het ek Hom verraai; Deur troetelsondes wat my lewe oorheers Soos ‘n universiteits student saam met ‘n beurs, My wilskrag laat my gedurig in die […]
Naelstringtaal
Vanaand sit ek mensalleen terwyl my gedagtes herinneringe baar moederliefde is ‘n kosbare ding wat my hart in tale laat sing. Waar is die dae toe ek nog knus op haar skoot, my kon verluister hoe Wolf vir Rooikappie fluister: “Vat jy hierdie kortpad en ek die lange, dan kyk ons wie is eerste daar.” […]
Die lewe is niks minder
Die son sak – die lewe gaan voort êrens blaf ‘n hond en bo my blink ‘n ster; hoe wreed is dit nie dat donkertes ons bedompel in ‘n skepping wat nie sonder lig kan bestaan. Duskant myself sit ek stom en staar – woordvrugtend met ryp gedagtes wat kelk oor ‘n sterwende lewe; terwyl […]
Die lewe is niks minder
Die son sak – die lewe gaan voort êrens blaf ‘n hond en bo my blink ‘n ster; hoe wreed is dit nie dat donkertes ons bedompel in ‘n skepping wat nie sonder lig kan bestaan. Duskant myself sit ek stom en staar – woordvrugtend met ryp gedagtes wat kelk oor ‘n sterwende lewe; terwyl […]
Invloed van ‘n Kleintjie
Sagte stemmetjie Volwasse vrae, Skyn soos ‘n sterretjie Daar’s niks wat pla; Laggie helder Tandjies blink, Raad is op Weer aan die dink; Sweetie uit die sak Bring vriendelikheid vorendag, Praatjies & grappies Jy’s aan die lag; Stel ‘n voorbeeld Probeer my bes, Soms is jy voor Jou jare op ses.
EGSKEIDING
Egskeiding worstelend versmorend wreed en werklik klankloos dof gekrete verset woorde wurgend kneusend verwoede verwerping pynlike penetrasie oor en oor en oor sagste menswees onkeerbaar verskeur ondenkbaar verniel onherstelbaar vernietig versoening verrafel vertroue verflenter brutaal verkrag verslae opgekrul swygend gefetus maar genadiglik genaelstring beskermd omvou deur Sy Hande onsekere saadjies kry wortel en swel en […]
vind jouself
Vind jouself as jy soek in plekke waar jou aandag ontbreek tussen wolke in kleur in reënboë vaal geboë tussen woorde van digters tussen penne se ink op ‘n leë papier tussen sukkel in jou visier daar waar vreemde golwe rol soos vlerke deur oop deure in staal sonder kerse wasemloos in koue asem dink […]
wand van jou hart
teen die wand van jou hart as my gedagtes stadig, langs die lanings van onthou, loop en beelde uitreik tot hoog tussen berge so spits… eggo jou spore deur die ritme van my lyf en ek jou stadig, tot diep binne my, asem… wonder ek of jy kyk, my oor afstand se verwyder, deur tyd […]