Verskoon my
Vergewe my dat ek onfilosofeer vannaand al amber wysheid in my glas… My denke is bloot so gekalibreer dat my ondink sinpraat keer. Vergewe tog dat ek woorde van liefde onsê vannaand al lê bewyse so ondiep… my voel is bloot te sinies om weer en nog `n keer te glo dit is nie ongoed […]
VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE
Môre sê (VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE) Ek is Pitsburg se eie, persoonlike Skarlakenvrou. Maar….. eintlik – die min wat my liefhet en die baie wat my haat ken my as die GhwarriegatQueen – of te wel; die Ashoopkoningin! Nie nou, Bokkie my babie, dis ‘n lang storie. Hmmm, ek kon jou seker uitgenooi het vir […]
Vals deuntjies vir moeë harte
Jan Pierewiet Jan Pierewaai MY Jantjiepiet sit stil. Die kinders huil, die huis is vuil, maar my Jantjie Piet sit stil. So hou jou soen, my man ‘k maak steeds koffie vir jou kan en jou na-saad maak ek groot; sit maar nog, ek smeer jou brood. Ai Jannie-Piet, my Pietie- peits, stug Pieter-Jan rol […]
Vir aandag: Jaco Jacobs – Opdrag 1
Geëerde meneer Na ʼn ewigheid se sukkel en soek na unieke karakters vir my eie kinderboek gee ek die stryd gewonne, (besef my pogings was onbesonne) want nêrens bestaan ʼn mens, ʼn dier of ʼn vreemde kreatuur wat nie reeds in jou verse pronk nie. Vervolgens word versoek: Kan jy jou verbeelding nou op hok […]
JUNIE: Projek uitslae en kommentaar
Junie Projek – INK Kommentaar en uitslae WENNERS: GEDIGTE: Goud: 1 ste (No. 14); Carma Shaw met Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916) 2de (No. 10) Anzé Bezuidenhout met Winterreën Silwer: 1 ste (No. 6) Estelle Rubouw met Oggendlied Geen 2de en 3de plekke Brons: (No. 7) Denise van Rensburg met Semelkop Geen 2de en 3de plekke. […]
Holte in my hart (stergradering Silwer)
Daars ‘n holte in my hart geruk waar jy nog gister was swaar soos lood en net so grys ‘n grou kolk van verlies Mettertyd sal jou huppel weer die holte vul met vreugde van onthou maar vir nou wil ek ‘n pers kombers van hartseer om my vou © Estelle Rubow 14/06/2018
Wat is jou fokus?
Wanneer jou verlies die middelpunt van jou fokus is versuim jy om te sien wat voor jou is jou direkte visie is verblind jy staar teen dit vas wat jou weerhou om die volkome prentjie te sien wanneer jy fokus op al jou seëninge sal selfs die verlies en seer van die verlede nie meer […]
Stofpad
stofpad na wie weet waar met spore diep getrap en onverklaar slingerend deur onbekende ruigtes se Niemandsland na uitgestrekte wydtes kinkeldraai in war gemoed wat afwagtend na antwoord soek roekelose spore trap wanneer stofpad-verleiding roep ©Driekie Grobler
OPDRAG 1: Die ewige Rymelaar
in ruimte en deur tyd, soos ‘n breyten of ‘n steyn versamel ons ‘n woord of ‘n gedagte enersdenkendes sonder venyn; vasgevang op die onthou van perkamente voer ook ons (soms) ‘n kluisenaars bestaan ons pen verwoord die hart se diepste verstaan van al sy lief en sy leed, van dowwe donker dieptes ‘n minuet […]
Kokonnetjie in die see (OPDRAG 1)
Haar woorde word toe waar skuimwitgolwe wat haar verewig bewaar vasgevang, toegevou soos mamma se maan salig weggaan. Laat liefde almal in die steek antwoord tog spieëltjie voordat jy swygend breek. Wie was sy regtig? Bly hulle vra. ʼn Klein korreltjie sand of ʼn lappop wat maskers dra? Bitter, bitter haar miljoen soeke, die lewe […]