Seisoenaal
Die wind gryp jou lag wat dwarrel om ‘n boom en sy drag oor ons strooi – dis ‘n kwiltland met blaar en bloeisels getooi! Jou lag wapper aan met die punt van jou serp – blinkoog, kersieneus en skielik somermooi! Jy lag deur my gees en besweer soos menig ander keer ‘n herfshart se […]
Lente se wip (Lente-uitdaging)
Lente se wip (Pendoring Lente-uitdaging) spring has sprung soos ‘n meme-haan op vere soos bo-kant-buurman se katel sonder klede en veel minder klere – bytjies en blomme warm voëls woel tekere net soos die were kom die lewe se voortgaan se rede met laaste yswind by waters in vloede bloeisels se groei onder sneeu is […]
Die reine waarheid
Daardie waarheid waarteen alle verweer in braak maak tot by jou hart verby jou hart tot in jou siel verby jou siel tot daar diep daar waar jou gees woon daar waar jy jou oordeel skaad daar waar die stem die waarheid praat nerf af knieë hoe jy soebat en smeek vir verlossing ‘n uitkom […]
so(m)mer
sommer somer val daar reënbuitjies wat oorgaan na herfs aandui herfs vir die weskaap se winter-reën oral staan koringlande nou byna geel geel canola-lande pronk in blokke laventel se pers waai vrolik sommer so mens sommer so grys witgrys verby somer verly herfs gety sommer net jy ©Teárlach
My brandbos
Ek voel hoe die blou-lip horison diep in my siel brand flidder-fladder my gedagtes verby die son en dit waai draaie om die berg se rant Ek sien die wolke ek hoor die wind wees my rede waar ek vrede kan vind Ek wag vir jou want jy is somer vir my om my vas te […]
As dit winter in September
(Goud) hoe bibber die lente in die Boland – by Hermon kelk room lelies in ’n dal skape verf ’n wit streep teen ’n groen rant bont beeste wei in vrede teen ’n wal Groot Winterhoek pryk in ’n sneeugewaad by Wellington tak akkerbome kaal canola toon haar sagste geel gelaat waar mis voor bergvoet […]
’n lenteversie
eendag in die lente as viooltjies weer so blou; as duiwe in die pad pronk en kwisterte, hul nessies bou as mossies so rinkink en saad soek in die gras – dan sal ek weer onthou dat jy eenmaal ook hier was © Carma Shaw 12 September 6:36
Voedsel vir my siel
Ek kyk om my heen met vaal, moeë oë. Vadertjie tog, alles is vaal. Daar is net klein bossies, vuurwarm klippe en vaal gras, so kort die sprinkane moet op hul kniee staan om iets geeet te kry. Ek mis iets, maar ek besef nie wat dit is nie. Ek kyk na die son wat […]
wêrelde
my bergwêreld sal nooit vervaag sy blou skimmerende bergreekse donker groen inheemse woude boomreuse groei wolke tegemoet uit my sitplek op die krans sien ek verre horisonne sweef in sonstrale sien ek loeries fladder van tak na tak hoor ek bosbokke pronk en blaf gul my bergwêreld verswart in geweld swewende uitkykpunte sterf in rooi […]