Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand
Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier wat die stilte skud. Die ruik van jenewer, ruimte en wortels op ‘n oorhoofse liefdeslied. Dit is […]
Krakende windpomp siloeët
In spatsels van rooi sing die windpomp sy laaste lied lê my drome opgevou in die oranjerooi wat die mooiste kleure en patrone bied Die son het voorwaar tot goud gestol glim deur ‘n skeur die lig van ‘n maan so vol wil ek jou soen, so sag en teer Soveel mooi en prag liefde […]
harteloos
om iemand te verloor om bome om jou te sien val om net aan te gaan asof niks jou steur is jy bang vir jou eie swakheid meneer wanneer dooie seeleeu op strand lê is daar respek vir sy leweloosheid later wanneer dit verrot kom voëls skoonmaak sluiting moet daar seker ook wees heeltemal harteloos […]
val
wanneer golwe druisend injaag strand toe en met donderende slag vooroor val in skuimbolle en spoedwalle water wat uit hardloop op die strand juig elke meeu van plesier ouderdom is nie vir sissies nie, sê almal dis nie die val wat so seer is nie sê ek dit is die opstaan wat so lank neem […]
‘n Skatkis vol heimwee
(Brons) Kaalvoet staan jy met jou hele wese ontbloot, terwyl die brander’s jou saggies omsingel. Die koel seelug briesie wat jou hart en siel kom skoonwas. Die brander’s wat jou toevou so asof hulle jou wil beskerm teen al die aanslae van die lewe. Die Namakwaland Nasionale Park se kus, dis waar ek my hart […]
Ongetiteld
En nou dat ek wéér, soos lank terug, bewus word van jou (in my en om my) het sluise oopgegaan en ruik ek jou op my vel, nuut soos die eerste lentereën ja, ek was die wind, opsoek na jou en waar ek kón het ek gewaai: in die oop blou lug, oor vlaktes en […]
Verhale van die Oniks Labirint Vuur in die Donkerte
Blaze trek haar kappie mooi op soos sy die koue tonnels binne tree wat dieper in die Labirint in lei. Partykeer dagdroom sy oor hoe dit moet wees om êrens te woon wat oop is en nie onder die oppervlakte van die aarde is nie. Sy sug soos die bedompige lug haar omvou. Die reuk […]
Spatsels van kleur
Sag-sag gly jou woorde deur die nag stukkies, bietjies spoel stroompies oor my siel In jou oë dans die lag van die maan en die sterre brand wanneer dit daardeur skyn jy is vir altyd my valentyn En ek wonder of ek myself verbeel ‘n warm gevoel spoel oor my hart soos ‘n veldbrand se […]
Suiker-soet
Die hart vra nie veel net iemand om die lewe mee te deel wat is die see sonder golwe? wat is jy sonder liefde? Sonder rooi is die son nie mooi sonder bloed kan ons nie bloei en sonder drome sterf jou siel Die hart vra nie veel maar soms word hy moeg van soek […]