Skepe in die nag
‘n Geraamte in die kas of ‘n swaar belaaide tas nie almal praat daaroor behalwe wanneer ‘n sielkundige geld vra daarvoor Swart en droef oor die hoogste troef voor jy kan sê “ribbebeen” verdwyn die geraamte agter in ‘n antieke kas Die lewe het net twee kante die waarheid of ‘n leuen dit skitter en […]
Die bloudruk
Die Bloudruk Die bloudrukke word opgestel sorgvuldig word dit nagegaan al die benodighede bymekaar getel ʼn handtekening kom onderaan Versigtig word die klei afgeweeg met sorg word detail ingewerk en ledemate gevorm wat beweeg tot God hómself in die skepsel bemerk God buig neer tot teen sy neus “Verteenwoordig my!” fluister die Heer en blaas […]
Daar staan geskryf
Daar staan geskryf “Daar staan geskryf… ” so het Jesus die duiwel aangevat met ʼn antwoord uit God se Woord gevat daarmee het Hy Satan weggedryf. ʼn Swaard in die mond van God se kind om die Bose mee te verslaan jou ongeloof mee hok te slaan en vrede by Hom te vind. ʼn Lig […]
dwelm gier
soos die golwe se geluide my snags bedwelm in drome soos die wind se temerigheid my soms meemoedig laat dwelm-misbruik se effek op die mens se psige een kant lê farma se geld gierigheid anderkant mens se drang tot self-behoud soos dooie plante op die strand lê mense-wrakke oral langs paaie van ons land ©Teárlach
DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 10
Die volgende oggend roep Kolonel le Grange hulle vroeg in sy kantoor in dat hulle kan verslag doen oor die vordering met die ondersoek. Nadat hy die dossier betudeer het is sy eerste vraag aan Kas: “Kaptein die pers raak lastig en soek antwoorde. Wat moet ek vir hulle sê, dat daar nie vordering is […]
Die gemeste kalkoen
Augustus 1620 het die Mayflower, ‘n 180-ton skip met 102 passasiers vanuit Engeland na Amerika vertrek. Weens onstuimige weer en sterk winde het hierdie skip aan die kus van Massachusetts (Cape Cod), anker gegooi, i.p.v. by die kus van Virginia waar ander kolonies reeds gevestig was. Die maande daarna was baie moeilik en byna helfte […]
tappeserie
ver oor die duinevlaktes ver oor die diep blou see daar waar horison keep skepe oor rand verdwyn waar misbanke opstaan en maan oplaas gaan lê oor my duin se hittegolwe verrys daar vurige ridders wat laag oor golwe skeer skreeuend en krassende krygsliedere wapperend op die wind se vlae sing ver oor die duinevlaktes […]
Liefde is … St. Francis van Assisi
Al lees mens net die woorde van die lied van St. Francis van Assisi, kom mens gou agter dat dit iemand was wat groot deernis en empatie vir sy medemens gehad het, iemand wat bereid was om die ekstra myl te stap om die lewe vir ‘n ander effens makliker te maak. Mense wat goed […]
Op Usakos se standplaas
Op Usakos se standplaas 300 Ovambos dreunsang in gelid verby op hul skouers die sware stawe van hout ander kap ballas klip met ritmiese slae spierwit kopdoek op oupa se kop groen gaberdene hemp swart verbrand sweet pêrel in strale af die spoorlyn moet gelê word tot aan die kus die werk moet klaar ure, […]
MAAK LOS JOU BOLLA, MAN!
Word ek mos anderdag konfronteer met die vraag: Hoe voel jy oor jou werk? O jinnetjie tog, dink ek, hoe voel ‘n mens oor jou werk? Jy moet mos werk, of jy nou wil of nie. So? Hoe voel ek daaroor? Ek sien myself by die kombuistafel sit so vroeg in die môre, kop in […]