Hunkering
(Goud) Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees naas ’n doringboom – een wat haar takke wyd laat kroon. Sou ek vanaand een droom kon droom voor ek oplaas van hier verhuis – droom ek ’n melkweg en ’n suiderkruis. Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees, […]
belaglik
ongelooflik die see daar voor oneindig die prag van die oog wonderlik die geluide van alles onuitspreeklik mooi die klanke op my duin is daar vanoggend hittegolwe wat vog uit die see laat opstyg in wolke van wasem my siel sweef hoog en word stil hoe oneindig belaglik klein is ek daar ver onder waar […]
Klong (Hoofstuk Nege) ©Eduard Smith
“Kan ons asseblief alleen praat?” Francois trek vir Dreyer aan die arm teen die trappies af. Dreyer draai sy kop en praat hard oor sy skouer. “Annemarie, jy gaan nêrens heen nie. Ek kom nou terug dan móét ek met jou praat.” Francois loop vooruit en Dreyer volg tot hulle aan die verste punt van […]
vrolik
om my duin sing alles so bly fisante huppel en see begelei al die skilpadjies kom te saam waar die golfies roep hul naam selfs dolfyne baljaar en spring soms jaag hulle vis in ‘n kring meeu sweef vrolik soos ‘n kind selfs die wolkies speel in wind oral in my duineveld is kleur die […]
Broos’mooi
Die prentjie-doek is leeg ‘n doek net wit en sonder kleur ek kyk terug in die tyd se wyser waar dit vries in ‘n oomblik saam met jou Die son skarlaken rooi getooi my glas-hart se skerwe weerkaats nat bedrupte trane en my gees—hang aan klein stukkies lig Vir ‘n oomblik sien ek hoe die […]
sonsondergang
sag plooi jou strale oor nat sand van strand waar wrakstukke diep verberg hul storie steeds probeer vertel van daardie stormagtige nag toe die chubb vergaan het jou kwas verf die strand in laagwater bankies van oranje-getinte terug-trek-some wat soos jong mens-wange glimlag en pronk ©Teárlach
Beswaar ©Eduard Smith
Jy sê my pen skryf deure oop wat vir jou allig soos hemel lyk; ‘n plek waar roes en rot nie verwoes nie, waar binnekeelklanke die strome van rus kan word – ek maak kapsie want ons Dawid emosies en steel aan die reeds geskrewe dit wat was sal weer wees en ek ontbreek aan […]
Priceless love
when crushed by life I stood naked and afraid in front of Your throne but You crucified my mistakes on the cross and Your truth set me free I am transformed by Your glory soaking in Your grace as Your fragrance floods my soul it overwhelms my spirit and overflows my heart filling my empty […]
Huweliksboot
Blosend bestyg ons die huw’liksboot, ons ewigdurende skemerkelk-droom wat gou ‘n hersenskim word en nie skroom om skewe verwagtings van harte te bloot. Dit voel my jy’s by bak- en ek by stuurboord soms ruik ek net jou skeerroom op die dek mis hoe ons lywe die huwelik voltrek o, die skokgedagte, of ons nog […]
morbiede mis
wanneer die see verberg word in mis is my duin ‘n morbiede oord van donker gedagtes wie sal ooit verstaan waar my siel dan sou heen sweef feilbare bestaan word heftig ontken foute word net negeer leuens is al wat regeer maar oor alles sweef daar spierwitte meeu wat kos soek en kry waar alles […]