Jy is karmoesyn (©Eduard Smith)
Jy is oggend vir my wat minder bloumank is en eerder oopbreek soos ‘n vrugdeel wat laatmiddag se kwaste karmoesyn, imiteer – jou kom en gaan is sag en die woorde, wat saam koffie stoom, is vlinders in my oor waar jou asem nou laer trek. ©Eduard Smith
Klong (hoofstuk Vier) ©Eduard Smith
Hy sit vir minute stile en staar in die gloed van die vlamme, wat warm teen sy gesig voel. Sy binneste voel soos die kern van die vuur en daar is ‘n mengsel van angstigheid en woede wat soos ‘n sooibrand agter in sy keel vorm. Hy durf nie nou praat nie…hy het reeds té […]
Jou voetspore bepaal – Intertekstualiteit
jy wat so graag filosoof wil wees sonder ouderdom wat jou siniel sal vlek wat manmoedig rond wil jol sonder kettings of gebooie waar jy op jou voorwaardes vryhand wil bid en leef met jou whiskey en koerant salig met jou nakroos vlegsels van vrede weef wyl jou draadmandjies weemoedig roep so kyk jy dan […]
‘n Vrou van formaat
‘n Vrou van formaat Dit is 25 Oktober 1908. Toe ek in my beste uitrusting by Mnr Smith se winkel aankom was daar reeds ‘n groepie mense voor die ingang vergader. My hart klop onstuimig en my hande sweet so effe. Ek verstel die gaas sluiertjie van my modieuse hoedjie so effe en stryk die […]
Onbeplande Kind
Onbeplande Kind Onbeplande Kind jou bekkie lag, maar jou hart bly leeg, onbewustelik reeds sielsdood. Jou bekkie lag terwyl jy vergeefs om liefde pleit, onbewustelik reeds sielsdood, stu jy voort, ritmies soos jou hartklop. Terwyl jy vergeefs om liefde pleit, maar jou hart bly leeg, stu jy voort, ritmies soos jou hartklop, Onbeplande Kind. Lynne […]
Kana Uchema
jy stuur vir my ‘n poskaart met skryfsels uit jou hart, geur dit met die winter en bloeisels van jou smart Jy sê: die Boland dra ‘n grys jas, die akkerbome rus maar storms woed vergeefs langs Tafelbaai se kus en ek roep jou naam – in die rigting van die wind, soek saam met […]
kuns
om woorde te gebruik sodat dit iets vertel sodat dit aandag trek woorde kan lieg ook woorde kan seermaak woorde kan alleen staan beskrywende woorde is soos realisme in die skeppende kuns saamgeflansde sinne is soos abstrakte doek met strepe op kuns om gedigte te pleeg is nie vir elkeen ©Teárlach
Heilige Nag
stiltes oorverdowend hier benede geen klanke geen stemme ‘n swart kombers bring die vrede vêr onder die suiderkruis sterre wat skitter, hemelliggies wat blink waswit wolke sleep hul skadus skerm en keer die son, tem sy mag mens en dier skuil met groot ontsag êrens is daar (tog) nog genade ons bly soekend steeds, dag […]
Swart hings
Swart sê ek jou, pikgitswart soos donkermaan se donkerte. Glimswart soos wat die son oor die rondinge en die kurwes speel. Net die sit was donkerbruin leer; pasgemaak om die ruiter gemak te gee tydens die rit. Hemels! Die verkoopsman, sekerlik ‘n Jood, het my eers ‘n koppie koffie aangebied en my verduidelik van die […]