BY DIE DOOD VAN ‘N KIND
Ek het grootgeword met die wete my sussie is dood. Sy is dood. Sy is in die hemel. Sy is by liewe Jesus. Weg. Ek gaan haar nooit weer sien nie. Sy is dood vir altyd. Die storie agter die storie het my nooit gepla nie. Ek was te klein. Ek was in elk geval […]
VEG OF VLUG
“Goeie dôner, Emma, het jy nou wragtag gedink ek gaan jou nie herken nie?” Die woorde galm in haar ore. Sy was dan so seker dat sy dit vanaand sal vryspring. Koue rillings gly op en af met haar rug. Wanneer het dit dan alles so verander? Wie het wanneer haar vrede kom steel? Was […]
Gatiep se brandewyn
“Kom Gatiep! die son trek water, ons moet voor sononder terug wees op die plaas.” Antie Koot is haastig vanoggend sy het ‘n hele string dinge om te doen op Bloemfontein so honderd en veertig kilometer van Koffiefontein af. Haar oudste dogter se vyfde kind word Sondag gedoop en vir hulle is dit ‘n groot […]
Kiekies
Vasgekeer in n boks, Vind jy jare se leef, van eens jong siele, menswees vasgevang, op wit, swart en ook kleur maar nou vir ewig verlore, belaai met stof op die solder. Saai hande deur kiekies, dof gevat met vingerdrukke Herleef jy lief en leed van voorgangers onbekend Maar tog bloedverwant aan jou. Besef jy […]
Liefdesverklaring van die wind
Saggies roer die wind ritmies deur die lug laat blare en takke op sy liefdesroep dans. Versigtig vang hy my hare en tel dit vrolik op en laat glip dit grasieus deur sy vingers. Tintelind kom streel hy oor my vel… kom wek in my n rilling wat teen my rug afgly. Vly hy hom […]
11 November
rooi papawer, sonneblom – so sterf die dag net voor die maan opkom haar laaste asem met bloed bevlek om ’n goue vlam wat oor haar lippe lek © Carma Shaw 11 November 2018
Stof van die Heimat
Keetmanshoop, oorstaanplek verbasend hoe ‘n tussenstasie se stof so aan jou hart kan trek Met my aankoms lê die hitte dik en stil Later, lus vir bier en Schnitzel stap ek stofstraat na die Schützenhaus hotel. Dis ‘n kleine museum van Duitswes-wees foto’ s van ‘n Sportverein uit die vroeë neëntienhonderds laat my wonder: Moes […]
Oktober 2018 projek: uitslae en kommentaar
UITSLAE: Gedigte: GOUD: 1ste. Jou voetspore bepaal – Anzé Bexuidenhout 2de. Hunkering – Carma Shaw 3de. Droomspore – Anzé Bezuidenhout SILWER: 1ste. Reën in die Groot Karoo – Estelle Rubow 2de. Persiese kwatryne – Estelle Rubow BRONS: 1ste. Mensboom – Charleine Collins 2de. Tetactrys struktuur – Adéle 3de. Kartonbord van […]
wat is
soos ‘n meeu in swewende vlug draai my siel ver bo alles in lug golwende duine seelangs strek sand ongevlek met water bedek soos ‘n reier in uitgestrekte vlug sweef siel saam met hom in lug deinende golwe horison omspan windsprei soos perde ingespan soos duine droog en leeg staan kyk my siel fynbos wat […]