DEON HEUNIS DE WET
Ek is in ‘n staat van verstomming! Die Engelse woord ‘astounded’ (shocked, or greatly surprised) is dalk ‘n beter verklaring van my huidige emosies. Ek hoef jou nie hierdie mannetjie se storie te vertel nie, want wie op die hele aarde ken dit nog nie? Klein Dehan is Donderdagaand deur hierdie ontsettende giftige zebraslang gepik. […]
Net nog een
Verkleukel in lyne vou sy vel, taai soos onbewerkte leer, donker verkleur deur die ster van hitte wat ongenadiglik skroei. Gekoek en stofbedek staan sy hare gelos soos toe hy ontwaak, geen bron van kommer teen sy stryd na soeke onbekend. Verskeurde stukke lap, wat klere bied om te bedek teen koue dae, fladder los-los […]
“Visuele momente in die literatuur”
Ek het onlangs op hierdie ongelooflike skat afgekom op www.litterm.co.za , geskryf deur die uitnemende T.T.Cloete wat handel oor “Visuele momente in die literatuur”. Die dokument is lywig (meer as 4300 woorde) maar dit is waarlik ‘n studie werd. Ek het oorweeg, om ter wille van ty den spasie ‘n kompakte parafrase te plaas, maar […]
DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 11
Sewe uur die oggend is die hele span op kantoor. Die verwagte dossiere kom nat na sewe aan. Dit is n moeë Hennie Aucamp wat die dossiere op Kas se tafel neersit met die opmerking; “Daar het jy al die beskuldigdes wat saam met Petsani in die bekuldigdebank was se dossiere ook. Kas ek is […]
Ek wens vir jou
Ek wens vir jou ‘n verbode vrug een uit Oktober (dis mos ons mooiste maand) vol sap en soet goed wat wei in kennis en kwaad ‘n rooie wat vrede kan bring soos Jesus; want mens leef mos net eenmaal een wat soene kan plant op jou ryp lippe om te blom elke keer wanneer […]
Riebeek Wes
Ek het op die hoek van Hofstraat gestaan en snaaks gekry vir myself; ek is pad af, ver van waar ek tuis voel maar hier by Kasteelberg se voet het ‘n ongekende ding my gegroet – ‘n salige vreedsaamheid om die lyf van die mistige horison sonder skaduwees, kronkelpaaie en kwispelende gedagtes – net wye […]
Die onwerklike mooi
Asemrowende sonsondergange deur die kunstenaar God geskilder dis nie sommer net woordjies, wat waai in die wind….. dis die manier hoe die mense daar praat Ek skep ‘n emmer vol sand net ‘n gedagte van ‘n spierwit strand ek vang ‘n stukkie sonstraal en gly op ‘n brander daarmee heen In my hand ‘n weskus […]
Lafenis
Waar vlaktes van droogte en heuwels vol rots sy verstukkende stofpad voor jou baan Bid ek vir jou toe n Geopende Hand, Sagte grondbedekking deur Genade so trou gegee. Waar ewige dors sal lawe En gebarste lippe sal salf. En die swaarigheid van mens sal rus in mos, groen uitgestrek. Paula Paxton©
Skilderwoorde
Ek skilder vir jou, sonder verf en kwas, Sonder kleur of pallet. Ek skilder vir jou met letters getap, Uit die diepwees van mensfles. Drup ek ink op papier Met woordsliriek Vou ek dit in, tussen blaaie, Vasgevang op boom se bas. Om jou siel aan te raak, Met die mag van woorde Jou verlief […]
Thaba
Met heimwee dink ek terug aan n besondere plek, Waar berge hoog troon en ‘n dorpie bedek. ‘n Plekkie in die bosveld, waar natuur jou omring, Waar sonbesies die lof van temperatuur besing. Waar ‘n briessie koue wind kortstondig verskyning maak omdat hitte oorheersend homself teen die aardkors wraak. Die reuk van bosveld wat deur […]