Sag soen die Nylstroomson
my hart lê vasgevang in Nylstroom se natuur waar in die gloed van ‘n laataand vuur onder die hemelkom hang is die groot genade (asof sonder swaartekrag) gevul met Vryheid van Bo die mooiste van mooi is die sonsopkoms oor die Springbokvlakte; dis daar waar die son haar roete na opkoms verpas en ‘n wyle […]
Jy moet eintlik lief wees vir niks
Kameel, kameel waarheen vat jy my? hier op jou boggel’rug in die ongenadigde son van die Namib woestyn Oor die vlaktes verby die seekus van die Dood deur digte mis, en verborge rotse ‘n begraafplaas van skepe, en verbleikte bene Oor die duine loop ‘n kaalvoet boesman met twee stapstewels, wat om sy nek hang […]
Plastiek Woorde (565)
Koffiefontein is een van daardie dorpies waar jy elke soort onder die son vind. Tante Kotie weet dit alte goed. Party noem haar dan “Antie” of “Antie Koot” of sommer “Antie Koot van Koffiefontein”. Sy verkies Tante Kotie – dit klink net meer opgevoed. Aai, maar dis die kinders wat haar “Antie” noem wat haar […]
Heilige kantate
en nou vertolk ek die nag anders: metafories, as ‘n heilige kantate geskoei op hemelse beloftes ek vrees nie meer die donker wat my steeds daagliks besoek maar vou dit soos warm sjantoeng om my ontblote skouers, oë reikend opwaarts – daar waar Lig alle smart verdoem ©Erika Viljoen 21/11/2018
PRESIDENT (Satiriese Gedig)
PRESIDENT. (124 woorde) Wie is die President se bewaarder, so vra Jaques Pauw, en ons almal herkou. Nie soos ‘n koei of ‘n bul, niemand het ‘n benul Veel eerder soos hul wat almal verkul. Wie hou hom uit die tronk, so gaan hul net voort met pronk. Jaques is in die moeilikheid dit is […]
Ongegronde feite
Ongegronde Feite Ongeag die aksie van n ander is dit wat in jou siel broei n projeksie van hoe jy dinge ervaar, wat soms nie bestaan nie. Opgemaak in jou hart, is feite wat jy skep ongegrond – teenoor waarheid. Jou onsekerheid gevorm Uit vorige ondervinding mislei jou ongetwyfeld na wanpersepsie. Paula Paxton©
Anders
Anders… Soos nog altyd die wete van kindsbeen af gevoel. My gees… ervaar dinge dieper voel met passie so intens. My oë… Sien met opregte omgee huil met soveel deernis. Gevul… met mense om my heen maar eensaam in wie ek is. Onverstaanbaar… kom ek voor ‘n hindernis vir ander. Paula Paxton©
Die onvoltooide vrede
Vereeniging is geleë in die Vaaldriehoek. Met omliggende riviere wat in ‘n Noordelike rigting, in die Vaal rivier inloop. In die 20ste eeu het Vereeniging ontwikkel as nywerheidsentrum vir steenkool, meulbedrywighede, teëlvervaardiging en vele meer …‘n Vinnige spring terug na die geskiedenis: Boerepatriotte vertrek na Vereeniging om die vyand daar uitmekaar te skiet … Die […]
DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 12
Die eerste ligpunt kom van luitenant Tau af: “Ek het Moshongi se adres by korrektiewe dienste gekry asook die naam van sy korrektiewe beampte. Volgens die korrektiewe beampte mag hy glad nie die huis na ure verlaat nie en word sy bewegings beperk tot sy huis en tot sy sogenaamde “tuck shop” wat hy bedryf. […]