BLARNEY (Ierland)
BLARNEY (IERLAND) Teen styl kranse en oor hoë mure loer die geeste van gestorwe voorvaders met ‘n glimlag na menigte toeriste; hulle wat in bygeloof en mite die verslete kliptrap klim na die belofte van welsprekendheid Ook die feë loer om varing en blaar en dans om paddastoele en lowergroen gras skrefiesoog nuuskierig na die […]
‘n Nota op jou kopkussing (2)
Sou ek die dagbreek in ‘n mandjie vir jou vang en goudgeel rosies aan die rante hang sal jy dán met liefde na my kyk wanneer die donker voor die lig kom wyk? © Anton Bosch 23/11/2018
stilte in St Helenabaai
vanaand is dit vrydag aand suidewinde wil steeds regeer palmtakke klap heen en weer amper einde van die maand oor die duine hoor ek die see golwe wat rasend nader storm en seevoëls wat swerms vorm witmuur huisies is goed geleë vanaand kom die maan laat op sy gloed verlig die oosterkim wyl ek huiswaarts […]
Rondom Graaff-Reinet is berge (Brons)
Mamma, kyk die berrrrge!huppel haar Heidi-rokkierooiwang vrolik in die straat hulle rys bo die toring van die kerkom rond en om die dorpie af te merk Tandjiesberg, LokasiekopSneeuberg en Spandauskopvorm kloutjies oor die skittergroenvan Kamdeboose eie kroonjuweel vul lewens al van kindertydmet liefde en respekvir wie die Here is vir geskiedenis en mensekultuur oor alle […]
Beste Vriend
Vandag krap die seer van my hart, Soos ‘n doring in kaalvoetvlees.
‘n Stukkie Afrika
In die winde wieg die vaal grasland; aan sy grense verrys saambreeldorings – swart gebrand. In die wit sand lê my spore…
Notre Dame
Jy met jou sagte blommelyf het in my lewe kom nestel soos ‘n kuiken in die moedernes en jou geur het in die lug gehang en ek met growwe hande was stomlomp in jou sonskyn strale en my lyf was my tronk en deur my tralie oë het ek jou bewonder en soos ‘n bang […]
van-alles-en-nog-wat
een kant droog anderkant nat boonop sat duine-politiek duine-lewe my duin tussen wind wat waai sand tussen my tone stof in my grys oë lê daar liefde liefde vir alles wat mooi is grawe sandput op die strand kraaiende kleinseun wat lag meeue wat swewend replikeer rawe wat skor krap en gryp aan dooie goed […]