Die skadu van Bitterberg
Donker skadu’s omvou my seer dompel my lied in diepe hartseer rou kneus my kwesbaar, verbleikte groue-hart verweer in die muf van ʼn verlore wêreld my knieë sluip stil oor die lewenstog met hart versink in stapels gitswart roet uit my donker hoek ʼn verskeurde snik barbaarse-lewe in my kosbaar bloed verdrink hier waar my […]
‘n Flentertjie wit strand
Soms vaar my emosies die oop see in dat dit moeilik Is om te onderskei waar ek eindig en jy begin hoe sê ek hoeveel ek jou bemin Die oggendlig breek die nag se asem draal deur my vensters-vol-lig nuut
Beroof van môre
Skerp mespunt halveer halwe sekelmaan hang onbeantwoord aan ‘n koue lug ‘n leë teerpad wat na nêrens lei êrens rol ‘n verlore tolbos in die woestyn beroof van môre ©Sonja Peacock 2017
Danse macabre
Ligte flikker aan in die leë saal. Ou Klassieke musiek begin speel en paartjies stap grasieus die saal binne. Lang rokke swiesj en wieg terwyl ’n wals speel en die dansers soos een oor die gepolitoerde vloer begin beweeg. Marian kyk vir hulle van die kant van die saal af. Haar oë volg die dansers. […]
Grys Water
emosies borrel grys water vanuit onder in die siel padlangs saam bagasie van pla kronkel tot by die oë bars deur as gebreekte druppels waar dit vrygelaat word in die ewigheid van menswees in ©Sonja Peacock – 2017
wind in my hare
ek soen die wind wat waai my hare ligtelik deurmekaar ek trek op in bloue lug en sweef my hele wese ruik die vars seelug golwe van verandering spoel ek staan vas op my duin Rots waarop ek staan sal nooit vergaan hoe soet is wind koel omhelsing sy hou my vas en dra my […]
Bevry is ek en jy….
Ongenaakbaar skerp soos wat rede is penetreer die waarheid deur jy mok my kom maak amok deur die grensdraad van dit wat my in staat stel om te funksioneer jy forseer jouself deur al staan ek paraat en probeer jou dood staar die waarheid kan my net sowel eerder insluk en die leuens dood gaan […]
Niks skree.
Musiek is stil. Jy is stil. Woorde is stom. Jy is stom. Jy het my musiek gesteel. … stile, skreeuende stilte … Jy is stil. Die musiek is stil. Jy is stil. … daar is geen woorde oor geen woorde oor vir ons woorde om ons te beskryf nie. @Anria.
Vlinder in die wind
Haar drome het ver gele. Sy het gevoel asof almal haar vergeet het. Hardloop sy tussen diasies. Met n geel rokkie aan. Onthou sy dae van haar kinderjare. Hoe sy geruik het tussen blare. Klouter en klim sy. Op ongelyke paaie geloop. Vlinder in die wind. Sou iemand haar net kon optel. Gewys het daar […]
Kosbare tyd
Tree vir tree sal ek dit loop. Sonder ophou, wangedra stille wanhoop. Luister hoe fluister. Die stem in my. Wees gehoorsaam. Daar wil Hy bly. Melodramatiese keuses wil ek nie maak. Saam met jou loop klink vir my volmaak. Kosbare tyd. Hardloop ek rond deur sinnelose gebeure. Gaan nie meer. Ek weet waarvoor om te […]