Wie is ek?
Wie is ek? Ek begin te soek Na die stemme wat weergalmend roep Daar waar ek my dae uitleef tussen die lyne van my storie boek Ek het verdwaal In die prag van my siel se taal Daar waar ek met die regte waarde my lewe se rykdom kan bepaal Die lewe het gedruk Groot, […]
Tanka – 1
nostalgie hang pers teen gister se horison laventel hoopvol tot neo-wit beloftes wat kantelvlerk na die son ©Erika Viljoen (Silwer)
skoon
vandag is die water skoon die hengelaars probeer nie eers nie my ou vriend van agterbaai gooi sy net maar sleep dit leeg uit die kalm golwe uit gewoonlik is sy net gedek met hotnotsvis bietjie verder van die strand is daar voëls miljoen van hulle wat op die water sit hulle duik en vreet […]
Die Mag Van Die See
Wind se witperd loop op blougroenbranders as hul bakkop vreesloos strand toe storm pletterloop teen natswart rotse skuimend tuimelval en voortrol asemloos oor sand versteen ‘n Oomblik dan weer t’rugval spoelend sleurend rots halsstarrig weierend bly staan Trek terug laat nog ‘n aanvalslinie bruisend brullend pletterloop tot missproei skuimend kolkend hergroepeer en uur na uur […]
Ek sien sonder om te hoor. Ek hoor sonder om te kyk.
Ek sien sonder om te hoor Ek hoor sonder om te kyk Ek strompel deur die woestyn se warm sand Ek vra in skreeunde vorm hoe het ek hier beland Ek probeer waarheid sien Ek probeer waarheid ruik Ek probeer waarheid proe Ek vind myself dikwels verlore Ek soek myself gereeld in drome van môre […]
Ek sien sonder om te hoor. Ek hoor sonder om te kyk.
Ek sien sonder om te hoor Ek hoor sonder om te kyk Ek strompel deur die woestyn se warm sand Ek vra in skreeunde vorm hoe het ek hier beland Ek probeer waarheid sien Ek probeer waarheid ruik Ek probeer waarheid proe Ek vind myself dikwels verlore Ek soek myself gereeld in drome van môre […]
Pieter die Pou
Pronk-pronk loop hy oor die werf, met sy stertvere in die lug. Geen reëls, ‘n baie gelukkige pou van wie almal in die buurt hou. Mens hoor sy geskree van vêraf, maar wanneer my suster sy naam roep kom hy aangehol-vlieg, vir ‘n lekker handvol kos. Pieter is eintlik die bure se pou, maar voor […]
As is verbrande drome
As is verbrande drome As ek met jou hart wou praat Sou jy hom rustig maak om te luister As ek jou siel wou inkleur Sou jy my die leë bladsy gee As ek in jou gedagtes se gange wou dwaal Sou jy my die sleutels tot deure gee As ek jou lippe wou aanhang […]
Hoop
Hoop die kelk van stilte breek nou oop in my onrus begin harder praat hoop in my hart se duister spraak n ontwaking begin nou n wete raak kan dit die uiterste openbaring wees? die verwarring in my oë my bleek liggaam en gees maar niemand sal my weerstand breek n lang ent lewe le […]
ENGELE
ENGELE Engele wat vreugde bring Engele wat lofliedere sing in hierdie verdoemende aarde met U grootte genade met ope arms in liefde omring Groot wonders oor my gaan bring beskermde engele staan in ‘n kring geloof wat ons harte deurdring skenk ek aan U my hartseer saak dit is nou al wat ons kan maak […]