Jongste aktiwiteit:

2019(Bladsy 34)

Wees bewus. Ons het vandag vyf kilometer gaan stap in die hoop dat ons mense bewus sal maak van die Swart-hond en angs en soveel ander gemoed-aftakelaars wat baie mense se geestesgesondheid bedreig. Ek wens dat dit nooit ons lewens betree het nie. Vir ons is dit ons persoonlike Via Dolorosa ter ere van en […]

Rokkies wil sy dra want sy wil nes ‘n feëprinses lyk. Soos ‘n regte Cinderella met haar mooi blou bal rok wat glinster in die maanlig wanneer die sterre vir haar wink wil sy saam met haar prins dans. Ja, sy wil ‘n prinsessie wees, nes een van daai Disneyprinsessies wat haar prins gaan vang […]

in jou growwe hande hou jy die genade garing waarmee jy saggies teer my gebroke hart heelmaak elke stekie is versigtig deurgetrek en nou is ons harte vir altyd aanmekaar geweef met my trane werk jy hooptoiings vas om die laslappies van onthou waar jou woorde my sielsrepe vasknoop en ek krag put uit jou […]

sulke sentrums het nie opregte honde nie maar dis beter om een aan te neem daai honde is altyd kruisings daar maak jy ‘n fout dalk, maar ek soek ‘n baba hond net sodat jy die babastadium kan beleef dis goedkoper om een te koop dis te gevaarlik, vir die hond en jou eie diere […]

gedeeltelik bewolk en koel oor my duin hang daar verwagting in ons buurdorp is daar vandag ‘n hutspot van oproerige massas wat verniet wil eet na die munisipaliteit wil hul marsjeer maar nie netjies in gelid nie, nee met hoë vuiste en geskreeu met brandende bande daarmee wil hulle hul barbarisme uitleef en vier ©Teárlach

Daar is ‘n langtou vir my en jou hy is gehang in die donkerboom daar is nie groen gras onder hom net ‘n graf en ‘n gat met ‘n wurgstrop om die nek hang ons voeitjies vir die gek ons tonge verstop vertrap en verguis die staatsklaer het ‘n semi-automatiese geweer die straatveer het die […]

eendag was daar ‘n duin reg langs die groot blou see om hom het die klippe uitgeroep ons meester kom op die wolke eendag was daar ‘n duin reg langs die groot blou see en op hom sit ‘n man en ween sy meester kom op die wolke eendag was daar ‘n duin reg langs […]

my duin is verlate vroeë sonstrale verberg in stofstrepe vanuit die suide om wit huisies kerm die wind sy hartseer wind van ‘n kind ‘n kind van die noorde wat ver suid leef wat groen velde verruil het vir wind en sand die kind sit en tuur oor die wye see sien inheemse bome wat […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed