In my ma se tuin was daar ’n vyeboom
Mamma as ek kon sou ek vandag ’n draai by jou wou maak met melktert en geel blomme en sjokolade na jou smaak ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot; die paadjie na jou voordeur loop en aan die riffelruitjies klop ek sou langs jou sit op jou voorhuisbank en later deur jou tuin […]
Kwart oor somer
Haar yskas en stoof het sy oranje gekleur, die kombuis se mure – bottergeel en room; smôrens die gordyne wyd oopgetrek en sonnestrale deur ruite laat stroom. Hoe lig kan die dae wees, het sy gedink terwyl sy bloeisels rangskik en vonkelsap drink. Buite in haar tuin was vlinders aan’t vlinder oor blare en groeisels […]
Bakoven se brief
Bakoven se brief ek hét vir jou ’n brief geskryf by Bakoven (eendag in April) ’n jaar of drie gelede en dit toe nooit vir jou gestuur nie daar was.baie mense en joligheid (iemand het getrou) maar ek het (soos altyd) weggeraak in skemer oseane die aand se laaste vuur en gedagtenis aan jou © […]
Vreemde Kennis
strate vol dorpsgoed karre, mense, bome… ń coke prop ń vertrapte tak lê in die swart pad. die huis van intelek in ń proppie saamgevat mikro wesens in verwebte vesels verskans onder organiese staal. mens met sagte dink jy is ginds alles is in ń proppie vervat in ń tak op jou pad.
fibrileer
komende van ‘n bittereinder uit die verre soutpansberg kan mens se hart bewe so kan jou lyf fibrileer van kaapse dokter veral as hy net ghaaps praat reg deur jou praat hy met jou so asof hy verstaan waar jou wortels lê jou teister en terg as jy probeer om warm te wees ©Teárlach
Was Liedjie
was die kleedjies fyn stukkies onderklere growwe werks pakke in harmonie. hanger die was op verskeie lengtes, hoogtes in vyf lyne met vier gatte as blad musiek. stryk die was streel elke garring draad bêre in lewenskas as musiek.
IMMUNITEIT EN KWARANTYN, Deel 2
. . . die ergste, die psigiese kwaal, die siel se ontwrigting wat kom weens die ingeslötenheid, die afgegeskeidenheid by massa-kwarantyn . . .
IMMUNITEIT EN KWARANTYN, Deel 1
In ons liggaam is 'n besondere afdeling of stelsel wat natuurlik keer dat giwwe ons aanval. Ons het dit al van kind af aan. Ons noem dit ons naruutlike afweer teen die giwwe van die wêreld om ons. Dit maak ons onaangrypbaar deur kieme en bakterië. '