Jongste aktiwiteit:

2020(Bladsy 66)

toe die lig oopbreek oor my duin vanoggend staan die muur van nuwe koue front op uit die weste dit voorspel dae lange koue ook dalk sneeu oor die berge so sien my gees soms werklike gebeure oopgaan in ons toekoms hoewel ek geen siener wil wees vertel sterre en die hemelruim sy storie aan […]

Dié rit van die lewe belowe op wiele oor alle paaie via die motor van die jaar. Modelle word in tabelle deur puntenerige manne op belaglike klein verskille noukeurig gepunt. dan oor brandewyn vure word gestry oor voordele sonder enige meriete. Die soeke na aanwysers, drywers van lewens waarde word egter met ongemak verskuif na […]

Soos klein goetertjies onthou, onthou ek vandag van jou; silhoeët  skadu en die rondings van jou naak lyf wat fluweel sag saam my vingers trakteer en aan jou rooslip liefde die kalmte van jou woorde in die diep kelders van jou oë vertaal, en ek onthou die klein goetertjies wat ons mekaar vertel het- soos […]

anders as sy eweknie onder die menslike geslag is die dikkop kiewiet maar rustig hy sit inteendeel meestal baie stil versteek tussen die fynbos struike sy houding is ook fyn en beskaafd hoewel hy soms stug en ook trots daar uitsien is hy baie vriendelik by hom tel die grade van lewe maar min en […]

so bietjie meer as driekwart eeu gelede het die boere naby matoks omtrent op die steenbokskeerkring hul vrugte gaan droog op groot rots plate daardie tyd was hul enigste ergernis die stof want die “en een” was nog nie geteer nie daar het hulle die vrugte oopgesny en oor rots plate in die son gesprei […]

Grendelstaat Ten minste het wegbly nou ‘n naam – iets buite ons beheer. Die daaglikse dobbelspel van terloopse kontak of my wonder en wroeg oor die geensiens in weke, verval. Maar steeds maak jou stilte my mal. Hoe wens ek ons bestaan was en word vir jou en my grendelvry. ©ASvdMerwe April 2020

oor die wêreld trek daar ‘n donker wolk ‘n wolk van leuens leuens wat verdeel die swart bewussyn se goue(swart) kalf waarmee hul beweer dat swart lewens tel oral oor val kerke daarby in en erken skuldig soos beweer buig selfs voor kalf maak weereens soos ‘n Aäron van destyds verontskuldig hulself beweer die volk […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed