Ligteling
(goud) Ligteling Sal daar ooit weer só ’n tyd wees soos toe ek kind was – vry van klae en kommer, geen kennis van die wee; al wat ek onthou is die pad na sonnestrande en die duisende dae by die see. Hoe warm was die strale teen my lyf, hoe gewigloos kon fotone hul heelalslig […]
Moedertaal
in wind verwaaide Kaap verstrooi as klein sade groei ń nuwe vuilgoed in die duusman land. eenkant alleen in woorde huwelike begin ń gemene taal vir die kinders van Afrika. op hoër gesag as kombuis taal geag vir slawe en plaasjapies, net hulle het nodig om Afrika te verstaan. een een woorde gevorm van verkeerd […]
jeugdag
oor my duin waai daar ‘n wind elke jaar hierdie tyd kom hierdie mistral-wind en waai tot teen die been uit die ceres-berge waar die sneeu spierwit lê dit waai skerp en sny seer oor my hart beweeg daar iets skrille koue wat skroei elke jaar in koudste maand kom dit terug soos de ja […]
Lewens Selle
selle lewe styf vol na aanmekaar gepak in elke jong verliefde lyf. selle val oor tyd se waterval verdwyn in die stroom en laat die middeljare lyf swakker met tyd. selle dans stadiger langarm in ń verkrimpelde sak die najaar lyfkleppe lek al ń bietjie. selle verlaat die lewenssak sand deur ń sif om saam […]
Goodbye Blues
Met ‘n lem of ‘n kapsule word ‘n asem verewig gestoor onder die getuienes van die sterre. Die bloedjonges by die huis wonder elke sekonde waar hul mammie is wat stories vertel en soentjies blaas. Niemand kan verduidelik dat sy die ewige se langvingers geroep het met ‘n soekende stem nie. Geen meer ‘ek’s lief […]
Uitkomste
Ons strewe ego gedrewe na doelwitte uitgespel op groot advertensie borde. Uitkomste word gemeet in werks ure, projekte voltooi jare gestreef, status verwerf en alles verweef in geld. die gewig van eie kennis gesamentlike heil word lig geskat in diè gemeenskap se inkomste staat.
adel op my duin
vanoggend ontwaak ek met ‘n klomp titels op my kop die suur suid ooster waai dit gou af heerlike winter reën sak om my uit ver agter – ja so ver as aberdeen daar ver in die skotse hoogland lê titels in toe gesneeude prag maar nie so ver terug is daar grafte van my […]
Die arme Gedoente(silwer)
Die dag van die gedoente se bevalling was pa gedoente in sy norries, hy het etlike maande by al sy gedoente vriende gespekskiet oor die dag van die vang van sy gedoentetjie, dit was in gedoente wêreld ‘n moerse affêre, die vors gedoentes het oor die spraakbuis oral bekend gemaak dat op die dag van […]
Kommunikasie
swart strepies op blink goed vertel, hoeveel, en waar in universele rekenaar taal. vreemde tale gepraat deur vele as dun strepies bewegende klank die alomvattende storie bron. digital klein teen rommel hope krabbel mense rotte met geen kommunikasie strukture alleen oorlewing.