lied van ons saamwees (BRONS)
vir jou het ek ʼn sonneblom gebêre in my Bybel daar waar ek jou naam skryf in ons liefde gehul ons lied komponeer ons met meesleurende melodie en helende harmonie kom wals met my my lief as ons die lirieke laat lewe dan tango ons saam op maat van ons soete samesyn met pienkbloosblos soene […]
skemer wense (BRONS)
in sagte skemer smag my siel na jou en stuur my hart seine uit soos Cupido-pyle soekend na sy skyf jy rondomtalie my met jou potblou oë skoppelmaai my deur jou drome soos kindjie klein vermaak jy my met stories en verhaaltjies oor die reis waarop ons sal wandel ek mis die lyne van jou […]
Wens
My skone biesiepol met die mooi gesig, steenpuisievry wees vir ‘n slag ‘n lyfwringer en langasemdans saam my deur die Paarl Vallei of kom ons wees smoelers onder ‘n tamatiepruimboom en sing ‘n samesynlied ‘wyl reënwolke haelkorrels soos kiepiemielies skiet kom ons verloor ons ontelbare male in ‘n droom waar ek en jy: op die […]
rendezvous
in die glinstering van glimmende glimlagte is vrede ‘n onverdienstelike verwagte toe konsternasie ietwat plek maak vir spasie trane uit verskillende oorde ‘n weersiens uit verlangeboorde ek het jou gemis die lirieke van ‘n maskerbal gewis die glimlag in jou oë is sonder ‘n masker dit maak die lewensakker wakker vat ‘n elmboogvyf maak los […]
mistig
. wanneer miswolke oor jou sak en mismoedigheid dreig om jou te keer wees blymoedig en leer van vooraf weer dat elke wolkie het sy silwer rand en elke dag sy anderkant . ©Teárlach
Mensmin is baie
Ek het nie baie nie, het ek vandag weer besef, maar ek kan woorde vir jou omdop sodat jy saam met my op water kan loop dit in my eenvoud raam, terwyl my oë halflyf deur jou siel sink my vingers oor jou kortrib streel verby die sagkant van jou sixpack tot jy snak-snak-snak en […]
Niemandaland
Vat my weg saam met jou sodat ek nie van binne hoef te sterf nie vat my na vreemde plekke in jou arms en laat my hang aan jou warm lippe vat my terug na tuine vol tinktinkies swaaie wat wolkver kan strek of naamlose plekke soos dié waar koplewe ‘n revolusie raak vat my […]
diensbaarheid
ek wonder oor diensbaarheid by ‘n reëndruppel leer ek waarheid by sy spat word alles nat onbaatsugtig is dit nie? of ons dit betyds leer weet ek nie? © Francois Meyer
(Himne) God is goed
In die skuilte van die Allerhoogste vind ek my vreugde en rus vlei my neer in Sy groen velde en versadig my aan Sy genade. Soos ‘n ribbok klim ek berge selfs oor skeure en hoogtes en wanneer ek deur vuur gaan lei Hy my ongeskonde. Hy hou my voete op die regte pad vermaan […]