Blinde avontuur (Silwer)
jy was aan my tafel en ek was woordstom oor jou lyf jou oe jou mond jou houding jou styl het afgevryf soos ‘n lofgedig of ode (ongesensor vryhandstyl) fyn op brailpapier geskryf en ek die blinde leser se hande gloei soos vuur kom saam kom met verwagting op hierdie blinde avontuur bring jouself jou […]
meelvloer
. byna onsigbaar die plafon van al die rookwalms wat opstyg byna onhoorbaar die geluid van musiek wat voete laat skuifel en oor vloer laat gly swaaiende liggame bedek met blomme-reuk beweeg ritmies oor wiegende houtvloer dit is die jaar neëntien sewentig naby is ‘n oorhang grot hier is net plesier nuutgevonde liefde en pret […]
Elke Roos
‘n roos elke dag ons kan nie meer wag want in elke roos skuil daar soveel liefde begryp ons in diepte die passievolle belewing in elke foto se herlewing Groet ons jou in ‘n oggendgroet want elke roos beleef ons vars en soet bewaar ons hierdie bladsy in soete herrinnering en skuif dit nooit opsy […]
wat was en wat is
. flikkerende beelde van skoonheid verhelder my verrimpelde ou oë self in baie aktiewe lewe getoë gesigte belaai met arbeidsaamheid . flikkerende beelde van mooiheid saam met die mooi van heel wees versoen die skuld van kyker wees skoon gesiggies met deugsaamheid . herinneringe verf kleure in jou eensaamheid sou gedagtes kon saamgaan moet dit […]
VERSTENGELDE PALET
naby die houtbankie in die park, dáár het jy vir my ’n toorbos geplant en jou glimlag het die bome laat bot terwyl die wind uitbundig blare tart in die duiwe se kir is jou naam gespel en tussen die boomblare het die son soos blokkiesglas geflenter en stom jou naam geroep jou kreukelhande het […]
JY IS DIE ROOI VAN MY KANNABOS
soggens met songroet as ek my van jou moet speen sien ek die uitspansel in jou oë ontkiem wanneer jóú hande reeds reikhalsend na die strepiesmaan agter die newels reik maar dis jou kyk wat my inkatrol na daar waar die kannabos bloedrooi blom © Anzé Bezuidenhout
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]
LEEF LIG HIERDIE SOMER (Brons)
Met die aanbreek van ‘n nuwe seisoen is daar altyd so ‘n afwagting in die lug, veral na die winter. Die afgelope winter was, soos alle voriges, maar koud en dood vir die meeste. Maar … 2020 se winter het eise gestel bo almal se verwagting. Tog is daar mense wat floreer in die winter. […]
Eenheid van ons (Brons)
Knus in jou omhelsing vorm ek myself teen die aambeeld van jou warm lyf, waar ons tussen stiltes lang gesprekke voer, sonder woorde, sonder stem. In ons eenheid is woorde oorbodig want met ons koesterende liefde het ons ewige samesyn