Kort vertoef
Silwer spore in die sand brand verlange verlate in my hunkerhart wanneer die wind waai hier oor ‘n kaapse baai Dan soek ek jou in die blousel blou jy vul my gedagtes met samesyn waar die maan stil in die verte verskyn Vir ‘n oomblik is jy sigbaar en dan sien ek hoe jy weer […]
ontlaai of aflaai
. na harde winter begin my duin verander mense kom en gaan meer dikwels moeë mense wat hul frustrasies en bagasie hier by die wye see kom ontlaai en aflaai so werk die digter se hart ook soms begin jy vars en kry jou gedagtes vorm en skryf jy ongestoord kan jy nie vinnig genoeg […]
Plaaskersfees (Brons) 557 woorde
Ella word wakker met die veraf klank van kersfeesmusiek in haar ore. Lui vee sy die slaap uit haar swaar oë en beur orent. Met ‘n tevredenheid in haar siel val sy weer terug tussen verekussings. Vandag sal die eerste kersfees in agt jaar wees wat haar gesin weer voltallig aan tafel sit. ‘n Sagte […]
Storms(silwer)
In die storms van ons samesyn word ons uit die hemel geraffineer soos swaar druppels plons… word ons die mis wat verdwyn ©Morné du Preez
Vreemdeling met ‘n fiets
VREEMDELING MET ’N FIETS Daar is ’n losieshuis – Vryheid – net duskant Vaalvlakte, dolleeg behalwe vir ’n weduwee en haar dogter wat ’n eenvoudige lewe saam voer; waar niks meer saak maak nie, waar eensaamheid deel is van ’n bestaan in afsondering. Dat juis hiér ’n man met ’n fiets ’n einde sal bring […]
Langebaan (Silwer)
hier op Langebaan het die tyd gaan staan hier was ons siele in die ligtelaan die son se flankeer met sy wentelbaan ets ‘n afskeidskrater teen die silwermaan en laat die sand en die wind aangedaan … met ‘n brandertraan Seirdna (A Fourie) 24.10.2019
Bloed kruip, water loop
Bloed kruip, water loop My broers is saam my deur dik en dun, al praat ons soms maar min. Wanneer ek hul wolkpos met probleme, is hul gou op, met hul ondersteuning Ek`s ouer as die ander drie en tweede is langste van vier. So is daar `n tweeling, stoutste van almal hier. Ons is […]
seer
. seer sekerlik waai die wind vandag gister was dit ook so, en môre weer maar dit is soos die lewe wat ek leef elke dag het sy verwagte winde daarmee saam kom die reën al is dit buite seisoen maar dit bring seën gister se trane teen vandag se reën maak môre oop in […]
KRONKELPAD
Haar lyf is sy kronkelpad; ’n reis oor ronde kurwes, gladde rante en heuwels. Vyf perde galop op die kruin van ’n knopperige berg. ’n Veer se kielie in haar nek – tot sy palm streelsag afdraand gly en prikkelend glip oor twee sandduine. ’n Liefkoos-oomblik toe hy ferm teen die wal afbeweeg, haar voete […]