ʼn Boog vir Hartbeespoortdam
Ons was seker al ʼn honderd maal by Hartbeespoortdam en het elke keer onderdeur daardie boog gery, min wetende wat dit eintlik verteenwoordig. Dit was egter die blanke pioniers wat gedurende 1836 die potensiaal van die water raakgesien en die idee gevorm het om dit te ontgin. Riviere en poele se vloei is verander en […]
Beleef ons moontlik ’n tyd van groot verandering?
Soms is dit moontlik om gebeure in jou lewe waar te neem wat jy nie anders kan beskryf as ʼn triomfboog nie – jou eie “Arch of Victory”. Dit is daardie gebeurtenis wat jou lewe in twee deel, ʼn voor en na. Soms gaan dit gepaard met ʼn dag en datum maar meestal sal dit […]
Ouma Onthou
Op groen gras in skadu van ń witstinkhout omhels sit ek vergete in familie kring alleen. Johnny, groet ek my gedagtes vêr bestaan liefde in die werkliheid van sit en drink jou tee? Die helderheid verdof Johnny is lank oorlee bly by my gloeiend lewend, nooit vergete ń glimlag in my siel. Hello Jonny …
Mynwerkers
In vroeë môrelig loop ons ń sement pad, om te skakel na oorplakke, helmets safety boots dan afgesluk te word in sy slukderm. Voorkop liggies ontbloot gesigte in flitse lawaai verstom, party verskrik soos die trein rommel heen en weer ń aardse spyskanal. Vele growe prosesse ontbloot rots as goud eers verskeep toe versteek as […]
VIRUS VAN KRONE
onseker en verward, hande omhoog, soekend en biddend na verlossing van onder uit jou triomfboog. In die holte van jou arm ons tronk vir nou; ’n mensdom met hoop in afwagting saamgevou. ©HMellet
soeke na vrede
ons kyk op na jou daar waar jy staan Brons triomfboog geëts teen hemelblou uit graniet gekap bind jy ons saam in ons strewe na vrede ek dwaal deur jou grys gange sien die pioniere vryheid hul vaste strewe een veldslag na die ander maar nooit vrede… ystervoete wat oor die Drakensberg loop lewens vasgevang […]
braaf – onnosel
my duin is stil maar in my singel waar ek woon is daar partytjie brawe mense met kinders by wat opsluit vermy en lag virus vry met bier in hand kyk hul vier teen virus muur ©Teárlach
Veertig dae en veertig nagte
Veertig dae en veertig nagte, het die Vredevors bepaal. Stuur Hy reën na hierdie aarde, om die drek daaruit te haal! Tussen planne en beradings word ‘n heerskappy bedreig; gryp die menigte grashalms, wyl die watervlakke styg! Te midde van die chaos en vele wat verdrink, weerklink die wyse woorde “jou God moet jy bedink!” […]
Pappa, ek bou vir jou ‘n triomfboog (Brons)
Woorde: 497 Vyf en vyftig jaar gelede! Dit is ʼn leeftyd, Pappa! Dit is toe die vrou wat haar my ma genoem het, jou met twee klein kindertjies agtergelaat het. Agtergelaat het vir ʼn ander man! Dit het jou letterlik en figuurlik tot nugterheid geskok. Meteens het jy, ʼn man wat maar lekker diep in […]
stilte
my duin lê stil as stilte kon praat sou dit dawerend antwoord enkele beweging van motors wat uitdagend wil beweeg besoekers wat hier kom wegkruip het teen see spoedig sal hul ook moses ontmoet met sy tablet selfs voëls sit verbaas dog kordaat oor elke dag se stilte wat hul nie begryp en bad rustig […]