Eksamen Saal
Die saal is vol met hol maag gevoel die vloer kraak onder ń swaar kennis gewig wat oral los lê, uit ore geval. Vraestelle val een een op blink bruin vlak flappende vrae wat antwoorde teen wit in swart gebied. Stof staan stil in ligstraal as stoele skuif een begin skryf ander agteroor buig. O […]
Engelehulp
In die klaarligte dagbreek as die son geen spraak spreek oorhandig die reëns gemengde sinjalere skielik hoor jy die hikklank van blyvolle druppels uit die hemelprieël as winter nie wil ophou wolk nie. ©Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte
21 dae in 2020
vandag is vandag en môre is môre gordel jou wapenrusting aan tel jou skild op en hou dit hoog wees sterk en volg Sy vaandel vandag storm daar vyf honderd môre kom daar dalk meer as duisend wat maak dit saak, as Hy met ons is? die vyand kom nie met gewere hy verskuil homself […]
Kraanvoëls op MY AKKER
Daar was prente in die koerant van parmantige kraanvoëls met goue krone op hul kop in die hoofstraat tussen die motors
ou grondpad
in my dag van oorsprong met moederbors gesus toe die somerson in sy skoot val was hy aldeur daar in rus nog kind pyl ons bult-af op die kaskar baan en saam dan moeg tuis by die hang van n maan op staalos se rug ywerig die aarde gekloof later hittig van bloed ons onskuld […]
fynsny
vir iemand toe hy nimmer meer kon wag in lee skoot van vaderhuis was stilte deur gebed gesny en skelm fluister iewers wie was hy strak gelaat sy wederhelf en saad in vrede nagelaat toe ysterperd pad verlaat lewe verkwansel is gese vrouens drank baklei tot in verderf hom verlei vir oulaas besigtig ons die […]
london
van oral en oudsher kom hul om hier te verdwaal met gesogte bakens soos die saint paul se katedraal haar polsslag n geelvlam van avontuur min kan vergelyk met dié argitektuur haar oog is verleidend, haar kurwes vlei jou n bus spoeg nog mense uit waarom sy haar arms kan vou van straat teater op […]
geboude graf
benoud vou die skag se mure my weer toe ingesluk, alleen, vergeet en halfdood dis stil… in adamsgewaad gedoop, versuip in see van sonde, ek hyg na asem nat koue sny tot die been, hierdie donker graf stink dood skouerdiep in vrot water besmet met kadawers te lank geslaap in eie kuil saam sondaars genoeg… […]
kruisbande
uit die menigte kom hy aangestap kruisbande en flennie broek broek deur kruisbande opgetrek broekspype hoog op gerem flennie broek verberg sy koddige postuur sy aangesig skoon en onskuldig ©Teárlach
Konsultant
Kennis verkrag uit talle onwillige baarmoerders verlos as verwronge nuwe belowende planne. Planne op wit beplan om nooit vars blou te sien verkleur na rooier rooi soos ontvanger kennis, nuwe gedagtes ont eer. Ontwikkeling so verberg verwerk in bundels gladde duur papier, rak lewe onbepaald totdat die nuwe ou studie herhaal…