Bakoven
(Goud) êrens in die weste waar die branders breek daar waar die hemel saans ’n vuur aansteek anderkant die einders waar die son wegsink dis dáár waar die dag in die see verdrink en haar vlam in triomboog bo die water skyn alvoor avond se gloed in die niet wegkwyn © Carma Shaw 23 Maart […]
Vir die genesers
My volk is almal krygers. Hulle leef as krygers, veg as krygers, soek na bloed as krygers. Veg vir glorie en vryheid as krygers. Hulle sterf as krygers. En hulle siele word gedra na die Groot Fees anderkant die sonsondergang. Maar nie ek nie. Ek was gebore sonder die dors vir bloed en geweld. En […]
toedel doo
haai toedels het julle gehoor daars ‘n toutil lokdown mense ga skoon mal jong elke ou met ‘n biekie geld kopie trollies oorlopens vol daar is niks brood oppie rakke geen wieks of hoesstroop nie wonner wat ga ons maak vir ons self kyk vir weke lank met tjips en tjops siestog hopie skape kry […]
skete
winde van verandering waai soos ‘n stewige suid-ooster ruk en pluk aan al wat lewe oues duik weg agter deure jonges bly tuis om te leer kamofleerde figure beweeg kopers wys akrobatiese spoed winkels toon “ons is toe” gesig straatligte skyn in neon verstar vier rigting strate wink vaal robotte wissel soos voortande sperstrepe lê […]
WANT JY IS ‘N PÊRELVROU
WANT JY IS ”N PÊRELVROU ‘n Oester moet eers stukkend gaan; voordat daar uit die eina van sy hart ‘n edelsteen kan skeur. Een laatnag lank-lank gelede op ‘n Plek ver-ver van hier het God weer die berg met sy geheime en mistieka uitge klim; steeds soekend. Onder Sy voete het saffier en robyn se […]
Verdwyning van die SS Waratah
Drie dae. Hy het gesê net drie dae. Hy was verkeerd. Of hy het gelieg? Ons sal seker nooit die antwoord ken nie. Ek het nuus gekry uit die Kaap. My ma was ernstig siek en sou waarskynlik nie die einde van die week sien nie. Ek het haastig probeer planne maak. Per wa sou […]
Huistoe Paaie
paaie na huise gaan oor baie brue huur van karre hoë vliegtuig kaartjies. almal is verslae as nuwe huistoe paaie ander uitvlugte na die huishart van elke siel gevind moet word. die oplossing is verskuifing van die feite na nuwe lêplekke met meskien minder dorings.
ESP
Ek lê weer vlugalleen in die klein kamertjie, staar na die dak, voel vuisvoos twak. Dan kom hy geruisloos, asof uit die niet, lê helend soos ‘n rofie bo-oor die verdriet, sprei sy hitte dwarsdeur my, bly speur in my oë stip tot waar ek ly. Dankie, dink ek, en straal van siel tot siel: […]
mooi jongnooi
vir sanet, my vrou my emmer met gate, gestop met jou van saamspeel en lag tot om klippe te kou my blydskap, my vrede my aanhou met rede dankie Pappa vir die vrug van al my gebede letsels geploeg is daar diep in my hart jou liefde gewater met al die getart my geheim, my […]