korporasie stories
– ons land suid afrika sedert neëntien sestig al ‘n republiek – ons land suid afrika sedert vorige regering al ‘n korporasie – die see front behoort aan almal of so het ons mos gedink alles behoort aan korporasie – jou lewe behoort mos aan jou of so het jy mos gedink stilweg steel korporasie […]
God se Lappieskombers
‘n skildery uit die hemele bymekaar gevee met God se besem deur wind en weer netjies in patroon kom skuif ek op my bankie in voor God se Troon herfstyd die mooiste tyd kleurvol en met soveel prag geen tyd aan dit verbonde kom God se beplanning so getrou in die natuur groei weelderig Sy […]
Hunkering
In elke vrou lê daar diep ‘n hunkering wat nie gevul is soos sy verwag het nie stil het sy geword in haar stil tevredenheid terwyl sy ‘n diepe teleurstelling iewers berg blomme sien sy meskien raak maar was dit haar nooit gegun het dit haar meskien nooit vermaak wonder sy waar het alles dan […]
November 2021 – OOP Projek
Beste INKers Die einde van 2021 rol nou vinnig nader, en om ons kreatiewe spoed ook so effe halt te roep, is die November projekopdrag ontneem van alle voorskrifte. Jy kan hierdie maand, in welke kategorie jy ookal deelneem, totale vryheid omboesem en sonder voorskrif, reëls of vasgestelde tema deelneem. Laat Afrikaans haar vlerke sprei. […]
Lewensfontein
syfer helder water uit die oog buik van die aarde omhoog lewensfontein helder water hou lewe instand uit die oog blomme prag en gras omhoog lewensfontein helder water plesier verskaf uit die oog swem in branders omhoog lewensfontein helder water vastelande gevorm uit die oog berge triomfanklik omhoog lewensfotein helder water water water lewenswater uit […]
Blou Sleutel
Blou, nie hemelse blou, nie see blou nie maar bloumaandag blou alles verkeerd en deurmekaar. Grafieke getrek groei gevrek aandele val, inflasie steel geld totale ekonomiese verval Gekkeparadys almal val hals oor kop om begrootings te laat klop blou aandele ook maar minder werd Saamgesleepte probleme met blou kettings aan jou vasgesluit word remskoen vir […]
Pottebakker
Klei oopgebreek met kundige hand oor en oor en weer gebrei elke klippie en stokkie, onvanpas, geduldig verwyder, suiwer klei wat agterbly Meesterhand beplan, ken en vorm na goeddunke draaiende wiel modderige hand bruikbare pot in oond gebak Klei versamel , Kundige Hand oor en oor en weer gebrei sel en chromosoom totaal van pas […]
Oktober – nié ons “mooiste, mooiste maand”. (SILVER)
Oktober – nié ons “mooiste, mooiste maand”. So amper verbeel ek my ek hoor jou, Mnr C. Louis Leipoldt wat die welbekende woorde voordra: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, So blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, So blomtuin-vol […]
OKTOBER (SILVER)
Oktober Oktober is die mooiste Kalendermaand Telkens so aan ons Oorgedra deur die Bekende Leipoldt: Enig in sy liefde vir Roerende woordkuns ©Marlene Erasmus 31/10/2021
OKTOBERMAAND (SILVER)
Oktobermaand Ons stap hand-aan-hand: Krakend die Jakaranda blom Tussen kaalvoet en teer Ontmoet ons drome mekaar Binne die realiteit van Ek-en-jy Raak ons weg in die Mooi van ons eie sprokie-verhaal As ons hand-aan-hand Aanstap na die Nimmereindigende Droom van ons verhaal ©Marlene Erasmus 31/10/2021