Verwoesting
ingenieurs ontwerp staal strukture klee staal in beton voete tot blink hoed heel dag deurdie nag in veiligheid faktore* drie tot ses staan vas as stormweer kom wit om grys staal plots water fondasies kalwe weg grond is nie ontwerp in veiligheid faktore van drie tot ses ontwerp vir beheer is net arrogante illusie uitkoms […]
soos ‘n kind
– soos kinders van die oseaan spoel die branders liggies uit val weer terug na hul moeder strepe van skuim op die sand – vriendelik, sagmoedig en hoopvol eerlike oortuiging van geloof en blydskap so spoel branders van Jesus se kinders oor die vol strande van die lewe – ©Teãrlach
Hartklop
My hart slaan klok slag doef-doef ritmies elke keer tot my gedagtes verdwaal na jou of my oë jou aanskou en my ore die klanke van jou lippe hoor wat my hart se klop onwillekeurig verander na ‘n bomalakiesie draai want jy my Lief is steeds my hartedief
Ek het ‘n tier
Ek het ‘n tier en ‘n tier het vir my ons het mekaar in ‘n dwaaldroom gekry my oë het saam met my voete gestap toe ek opkyk staan sy daar, ook onverhoeds betrap Agterdogtig kom sy nader, die edel oë staar stip haar bewegings soos die kabbelling van water oor klip skugter en versigtig […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 8
Hoofstuk 8 – Troos uit dit wat was Die oggend begin rustig, sy ken pasiënte aan die nuwe studente toe, en verkry ʼn bietjie agtergrond oor die nuwe drie se ondervinding sodat sy kan bepaal hoe sy kan aanvul wat hulle kort kom. Hulle stap saam met die saalsusters deur die sale, en die nuwe […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 7
Hoofstuk 7 – ʼn Nuwe Aanvaarding Die rit af teen die berg is glyerig, maar verloop voorspoedig. Die studente en die ander passasiers gesels aanhoudend, en Zuluika se gedagtes gaan terug na haar studente dae op Tukkies. Sy onthou veral die busritte van die Tukkies Filharmoniese Orkes wanneer hulle opgetree het, en sy verlang na […]
Kyk na die berge en wag
Kyk na die berge en wag ‘n Glorie ongekend ontwaak in die ooste, wit, geel, oranje en rooi verkleur grys, grou wolke, laasnag se reënreuk bly hang, nuut en vars in die vroeë môre. Teen die kranse bulder bobbejane, ‘n suising van natuurgeluide weerklink, grasieus sweef voëls in stilte op die koel luggie… So asemrowend […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 6
Hoofstuk 6 – Dertig Dae se Vryheid Soos die nuus rakende die nuwe dokter versprei, kom die mense van die gemeenskap vir behandeling by die kliniek en Zuluika se dae word voller en voller, en sy word een met haar werk, haar personeel, haar omstandighede, en die wete is in haar, vir eers is sy […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 5
Hoofstuk 5 – Bekendheid in die Chaos Met die instap in die teater se opwaskamer, is die teater suster gereed met die jas, en sy stap in hom in asof hulle dit al tevore saam gedoen het. Die bekende skrop roetine bring die gevoel van, ‘dit is hier waar ek wil wees’, terug in haar […]