Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 12
Hoofstuk 12 – Die regmaak se begin Sy slaap soos ʼn dooie mens, en wanneer Mauritz baie ure later alleen instap in die hospitaal, is ou dokter Friedrich daar, en weet hy, sy tyd is verby, hy kan nie terugstap na haar huis nie, haar weer in sy arms neem sonder om ʼn baie dwase […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 11
Hoofstuk 11 – Die siklus is voltooi So breek Zuluika se laaste twee weke aan en huil sy wanneer dit nag word, nog een dag nader aan die weggaan, en vra sy haarself, ‘kan sy nog ʼn verlies hanteer’, sy weet, al was daar nie ʼn Maxi in Mauritz se lewe nie, haar plek is […]
Paddas droom ook (soms)
Langs ‘n groterige plaasdam In ‘n modderige vlei staan ‘n miniatuur gehuggie genaamd Paddadys Die koninkryk se heerser, Parradigma was sy naam, het hierdie modderytjie selfvoldaan regeer presies soos dit ‘n brulpadda betaam Maar selfs paddakonings wil soms van hulle lewenskoers ontsnap Parradigma droom daarvan om die pad van ‘n Paddagoog te stap. Hy bou […]
Lewensdraad
Gespan om die kamp elke hektaar toegekamp snaarstyf doringdraad hoekpaal, ankerdraad skeidingsdraad grense bepaal Geroeste draad met ouderdom ankerpaal en spar verbrokkel met wind en weer lot verseël vernietig met vuur nie meer gepaste skeiding grense onbepaal Growwe Hand rustig ingespan vervang gebroke paal en geroeste draad skitterblink nuwe draad grense weer bepaal hart en […]
Silwer
Uit klip versamelde erts vysel gestamp dooie stof kroes gesmelt edelmetaal gesmee deur smid in plate skitter silwer, nuwe vorm lig uit silwerkandelaar Uit water versamel donkerwolke stukkie oseaan silwerlewende water blitse slaan val silwer druppels gesmee in silwer vlae van reën donkerwolk silwerrand skitter lewe silwer na die reën Uit silwerstof gevorm Meestersmid silwerdraad […]
Waar is Pa ? Silwer
Elke wreed-warm sondag is daar ‘n familie wat sukkel met die lewe se staf wat van almoes moet lewe want die sorg van die huisgesin staan in die teken van plesierjag dobbel al sy geld uit: roek omtrent straf ook met baie drink wil hy van sy sorge vergeet en tyd snel nie heen soos […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 10
Hoofstuk 10 – Die pad terug Die Maandagoggend na die konsert naweek, is daar verskeie kleiner operasies wat geskeduleer is en Zuluika stap deur na die saal vir die voor-operasie besoeke van die pasiënte. Sy hoor die geswets, herken die stem, en sy glimlag. Hy sit-lê op die buitepasiënte bed, Rhoda rol net haar oë […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 9
Hoofstuk 9 – ʼn Nuwe Geheue Zuluika voel ʼn opgewondenheid wanneer sy en Mauritz met hulle bagasie deurstap na haar kamer, ‘vir vandag is hulle alleen’, en die vreugde verstom haar. Hy draai om by die deur, “Sien jou oor ʼn uur in die ontvangs,” hy weet hy moet nou eers ruimte tussen hulle kry […]
Music box dancer
Met blink ogies sien ek die linte die skittersterre aan takke se punte my hartjie klop onbedaarlik heen en weer al die mooi maak hom eintlik seer engele-tannies sing Stille nag bring só wondermooi in my bang gewag was net altyd gewoond aan raas en skree daarom beweeg ek sku met skuifeltreë. Kersvader-oom roep my […]
Oktober 2021 – Akrostiese projek: Kommentaar en Uitslae
INK OKTOBER 2021 KOMMENTAAR EN UITSLAE Baie geluk aan hierdie 10 lede! GEDIGTE: GOUD: No 18 – Anzè Bezuidenhout met Skellig No 6 – Anzè Bezuidenhout met Oktobermaand No 17 – Andries Fourie met Laat Oktober SILWER: No 12 – Zebulon Kochk met Kaal werf No 1 – Driekie Grobler met Somerglans No 13 – […]