Vryheid
Papier is geduldig, maar ek kan nie meer kef teen die maan tussen breë melkwit stergordels aan die uitspansel oor jou liefde wat my in die seer tas nie so ek gaan stap met gewapende harnas en geskubde oë ‘n stryd steilbergpad opsoek na blywende vrede en verspreide geluk. ©Zebulon Kochk Zebbiekaans
Parade
Liefde is humeure wat bots woorde wat soos waters teen rotse klots ‘n tikkie omgee, ‘n knypie vergeef baie giggel-laggies in opdraand-daggies maar vanaand lê ek knus aan jou sy sedig paradeer ons dag verby.
Mashalan Taben
MashalanTaben Droom groot het sy ma altyd gesê. Jy kan meer wees as wat jy ooit kan droom. Vandat hy kan onthou wou hy ‘n verslaggewer gewees het. Daardie dapper onverskrokke mense wat met ‘n fotolens hulle lewens waag om die ware nuus na die mense te bring. Die drugs en streetlife het hom bietjie […]
Waterstrome
Die lewe is ‘n drukpot dit voel my almal smee ‘n komplot om my tot waansin te dryf ‘n gekke met my lyf die huis het nie ‘n opwasbak my man is weg sak en pak die kinders is besig met hulle eie dinge die lewe knoop my met sy stringe maar net voor ek […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 14
Hoofstuk 14 – Terug na Onthou Hulle ry vroeg oggend na Pretoria, en gaan tuis by die Castle Ridge Gastehuis. Hulle ry deur na die middestad en ontmoet Lize vir middagete by Cafe Riche, en lig haar in oor hul voorneme. Lize kyk na Zuluika, sy sien die vasberadenheid, maar ook die vrees en hartseer. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 13
Hoofstuk 13 – Hoop op Vergifnis Met ontbyt dui Lize aan sy het verlof geneem om tyd met Zuluika deur te bring, en Zuluika voel aangedaan oor die meelewing van hierdie mens met haar. “Wanneer wil jy deurgaan Ladysmith toe om Joos te sien?” “Ek het gedink om Maandag te gaan, wil eers die naweek […]
Vasgehou verlore
Vasgehou verlore By die wegspringblok het hy die leisels vasgemaak Hy het vasgehou sodat sy nie wegraak reeds tóé is die baan uitgelê so is daar vir haar gesê. In die suigeling skoene het sy mooi begin loop haar toekoms vir haar uitgekoop. Die tiener jare was sy anders en alleen al was sy goed […]
Ek dink aan jou
Naby jou In jou barensnood druk ek jou vas teen my bors al warrel die storms met ‘n harde fors jou sagtheid so broos wil ek met ‘n drukkie troos jou omvou en sê ek dink aan jou as die son gaan lê met elke ster se verskyning wil ek jou aanraak veral as die […]
Êrens lê ‘n kind en huil
Êrens lê ‘n kind en huil Êrens in ‘n ver ver land lê ‘n kind en huil haar verlange in haar stem verskuil sy het in grendeltronk beland Haar hoop verbrokkel om haar ouers te besoek saam te deel in Kersfeeskoek in ‘n hartseer kombers gewikkel Êrens staan ‘n moeder op haar knieë trane loop […]
Tussen branders
– met bonsende hart bestyg hy vanoggend die duin van sy hart – tussen branders lê daar trane en wag is daar mooi en pyn – later, veel later sal die wind weer waai wolkies reën giet – geen meeu sal kerm geen seevoël sal kekkel geen mossel blaas – tussen golwe lê daar verdriet […]