Is Blondie slim of net slinks?
(Woordtelling 1141) Liewe Sharlies Tron, Genade vroumens! Jy gedra jou darem nou heeltemal te blond, of baie slinks. Ek weet ons ou Afrikaanse taaltjie word al hoe minder gepraat. Dit is nie net ons gesinne wat nie meer groei nie, die sprekers verengels so saggies en sonder dat ons dit agterkom. Dit bly egter […]
Die beeld in die spieël!
Sy kyk in die spieël, sien ‘n verwronge beeld, deur jare heen verrimpeld en verniel. Die gesig ken net trane. Die oë is dof gehuil, Die ore is doof gehoor, die oë wat diep agter in hul kaste skuil. die gesig het sy mooiheid verloor. Die gesig is al net vel en been, en so […]
Die Here is so goed!
Die Here was nog altyd goed vir my, ek sal my vir altyd in Hom verbly. Die lewe daar buite is wreed en boos, die Here sal jou nooit verwaarloos. Hy het nog altyd vir my gesorg en na my omgesien, Hy gee my meer as wat ek ooit verdien. Nederig sal dit my altyd […]
Kop vol idees
Die kop vol idees, die hart vol vrees. Die gedagtes is erger as die bome wanneer die wind daardeur waai, Die hart se gedagtes is swaar gelaai. Die kop wil sy eie manier volg sy eie spore trap, Maar die hart bly vas skop, Dalk kort die kop maar net so bietjie van ‘n klap. […]
Die val van dokter Varkman
DIE VAL VAN D0KTER VARKMAN Opgedra aan ‘n dierbare vriendin Truda Rijkheer † 29 Oktober 2022 Geskryf deur Fanus Strydom 3752 woorde Bokant my kop, en digby die laaghangende plafon, proes en stotter die lugversorger moedeloos aan sy amper-onmoontlike taak. Te danke aan die soveelste, snikhete Kakamas-in-Desemberdag stoei die koelmaakmasjien moedig, maar vergeefs, met die […]
Sus se boomstem.
Sus se boomstem. Lank, lank gelede is daar ʼn blonde krulkopdogtertjie gebore. Haar naam was Marlé, maar gou-gou was sy bekend as Sus onder almal. Sus se ouers het haar mooi opgevoed en het haar vertel van al die dinge wat die wêreld vir haar kan bied. Met die lesse wat Sus so dikwels gehoor […]
Drie Gordyne (Goud)
Hoe is dit hier veel anders as daar, waar China agter die bamboesgordyn konfedereer of waar Rusland weer onder die loodswaar val van die ystergordyn regeer? Want hier, waar ons die gatkant van die Reënboogland met oopbek-verbasing betrag en doofstom snap dat elke tweede Jan Rap – hoewel moreel bankrot – suksesvol op korrupsie floreer; […]
Woorde-engel (Brons)
dit was ‘n Vrydagaand in Desember toe jy weg is na ‘n “beter plek” soos die mense sê wat wil troos maar al die mense se woorde kon my nie troos ek wou die Bomenslike sien soos Simba se Mufasa in die wolke of net ‘n wit duif of veer op my vensterbank maar daar […]
pyn in die skaduwee
pyn in die skaduwee gespanne vinger trek die sneller harde grond, koud teen my wang lig kolk fluitend flouer tot swartheid … pyn, nog pyn flitsende gedagtes breek die donker waarin tyd verdwyn ek onthou te min ek onthou genoeg stilte deur fluisters uitgespoeg al harder tot ‘n angsgil wat neulende pyn verstil woede … […]