Die ontstaan van liriese poësie.
Die ontstaan van liriese poësie. As ek na mooi gedigte luister kry ek soms ʼn oorweldigende begeerte om te sing! Soveel is my waardering vir sonnette, elegieë en villanelle wat uitgeken kan word aan spel van klanke en sterk emosies. As jy na my aard, is jy sekerlik ook ʼn liefhebber van liriese poësie. Liriese […]
Onvoorwaardelik te laat
“Hoe kan ek liries raak oor iemand wat dit aan my gedoen het? Dis al klaar swaar genoeg dat ek moet gaan, nou moet ek nog maak asof ons na aanmekaar was. Asof die liefde nog daar was. Tog…sy was my ma. Sou dit anders gewees het as ek by haar was toe sy dood […]
waar my hart blom
teen die berg op al in die klofie op oor groot ronde klippe sulke rooierige klippe vuil van die rooi grond tussen pionier plante wat soos reuse varings grond vashou as dit reën onder wit blomme wat stink lente geur van die berg tuur ek om my in mis van vroeg oggend se fris skrik […]
Ek stap my pad met blymoedigheid.
Ek stap my pad met blymoedigheid. “Dit gaan met my goed, dankie, BAIE goed.” Die woorde van ʼn kosbare vriendin, Theresia sal my altyd bybly. Ongeag watter dag van die week of watter tyd van die dag, as jy haar vra hoe dit gaan het sy jou geantwoord, met ʼn glimlag op haar gesig. Ek […]
simfonie in pers (SILWER)
simfonie in pers dit is Jakaranda-tyd in Johannesburg en Pretoria pronk in purper-pers die wind streel met ʼn sagte hand oor die Jakarandabloeisels in die laan net gister was die aarde nog vaal nou jubel groot trosse bloupers blomme aan punte van dun takkies en sprei ʼn perstapyt uit in die laan ʼn Hadeda sprei […]
My tortelduiflief (Goud)
ek wou maar net ‘n rympie skryf oor die minnelied van ‘n tortelduif wat koer-koer in die wilgerboom liries van die liefde droom dis toe my oog haar fladders vang waar die bloubessieboom se takkies hang haar beeldskoon beeld was sonder blaam soos in ‘n windverwelkte fotoraam ek reik dromend uit na haar maar sy’s […]
Sononder by Trekoskraal (Goud)
die aand was nog aan’t afdraai in pag vir môre se gewoel dit was die mooiste skildery toe die son en see in swier ontmoet en die wynrooi in die wolke in skakerings van skarlaken vir my asemroof vergoed die son het uit sy amp getreë in pigmente van vergank en deur die wimpers van […]
Blommelicious
Woordtelling 631 Dis maar moeilik om oor enigiets liries te raak wanneer jy weens die hoë petrol prys tuis moet bly en saans noodgedwonge by kerslig in mekaar se oë sit en staar. Dis nie eintlik om voor te gee dat jy in jou aftreejare skielik ‘n opwelling van romanse ervaar nie, maar veel eerder […]
ses-en-sewentig
ses-en-sewentig mieliekoppe aan een plant gewortel in diep en vrugbare land diep rooi leemgrond wat kon dreineer alles wat die wolke aan hom kon delegeer selfs die kewers van die tye se gekerf kon nie die kern laat verrot nie stewig staan die ou stronk al is dit gestut met stok en tak van nuwe […]
hoop sterf nie
hoop sterf nie hoop word geleen nooit besit nie hoop staan onwankelbaar skildwag onbeweeglik staan dit oor jou onlosmaaklik verweef met jou as die lig van die son opraak sal dit steeds eggo ek het jou nie verlaat nie ek het hoop agtergelaat ©VonVillon