Die wonder van Kersfees.
Die wonder van Kersfees. Dit is amper Kersfees. Vir my is en bly Kersfees ʼn wonder, maar ongelukkig het die wêreld hier wondergebeurtenis kom verander in tyd vir vakansie en geld spandeer op onnodige dinge. Die “blink wonders” in winkelsentrums en op televisie het ons blind kom maak. Blind vir die ware Wonder wat gebeur […]
Doodmoeg!
Doodmoeg! Hierdie tyd van die jaar ervaar die meeste van ons dieselfde probleem: die doodse moegheid! Ongeag of jy student, werkende grootmens of bejaarde is, die moegheid bekruip jou ongemerk hierdie tyd van die jaar. Onder leerlinge en veral die matrieks wat gereedmaak vir die finales eksamens of universiteits studente hoor jy dieselfde klagte: “Tot […]
Die Kaapse Klopse.
Die Kaapse Klopse. Almal in Suid-Afrika en veral Kaapstad is vertroud met die jaarlikse skouspelagtige Kaapse Klopse. Klopse is ʼn woord wat afgelei is van die Nederlandse woord: klubs. Die onmenslike gebruik van slawerny was ʼn wrede werklikheid wat in die Kaap bestaan het van 1653 af, in die tyd van Jan van Riebeeck se […]
glaskas (Silwer)
die glaskas wat jy om my gekonstrutureer het met jou liefdelose hamer en woordbeitel sal op ‘n dag versplinter en weerloos om my voete kom lê ek sal my verlustig aan die knirs-knars soos ek kaalvoet daardeur wegloop ‘wyl jý swetsend op weerwraak hoop
ek droom… (Silwer)
madeliefie in die hand en wonder of die liefde my ooit weer sal besoek min-hy-my-vergeet-hy-my het hy ooit geweet van my?
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet.
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet. Dit is amper weer sulke tyd! Die jaar staan einde se kant toe. Na twaalf lang jare breek die eindeksamen uiteindelik aan vir die matrieks. Vir sommige is hierdie tydperk nie so ʼn groot nagmerrie soos vir ander nie, die tyd is min vir voorbereiding en die einde is […]
Begrafnis konsternasie.
Begrafnis konsternasie. Linda ril liggies as sy om haar kyk. Sy HAAT begrafnisse! Wat nog te sê om een te moet reël. Die trane rol in sweefspoor paaie teen Linda se wange af as sy na die godverlate hartseersnikke luister in die gedempte lig van die voorhuis. Sy sit half eenkant in die skemerhoekie van […]
Wanneer hartseer ‘n gewoonte word.
(Woordtelling 1504) Ons koppel gewoontes gewoonlik aan iets soos om altyd in ʼn spesifieke stoel te sit, op dieselfde kant van die bed te slaap, jou koffie links om te roer, om jou tande voor of na ete te borsel. Selfs irriterende gewoontes soos die byt van naels, of om nie te kan praat sonder […]
Visvang in die vlakwaters.
VISVANG IN DIE VLAKWATERS Geskryf deur Fanus Strydom 2763 woorde Die grondpad van die opstal af dam toe was vêr. Baie vêr. Maar gelukkig afdraende omtrent al die pad. Behalwe vir een vervelige, lang stuk waar dit eindeloos reguit en onophoudelik gelyk voor mens uitgestrek het. Tot by die plek wat gevoel het soos die […]
Oorhandig
Oorhandig “Aanname,” val ek haar in die rede. Sy begin van voor af: “maar hulle dink …” “Aanname,” sny ek haar weer af. Ek sien hoe nog ‘n moontlike uitkoms in haar kop afspeel. Vinniger sê sy: “dalk is dit omdat …” “Aanname,” sê ek harder. Ek gee haar nie kans om verder te praat […]