onveranderd
onveranderd ek verdrink in die idee van jou as ek stilstaan word ek agtergelaat ek word teruggehou jy is op soek na wat met rooidag weer verlore gaan sit wanneer jy raad vra dit vereis jou volle aandag jy is die een wat agterbly waarheid onveranderd: as jy waarlik jouself kon help sou jy ©VonVillon […]
Mabula (Goud)
Mabula Mabula plek van reën jy het die droog in my uit kliprantjie en bosvallei bejeën en uitgestort voor geelmaan die rus oor my gelê en toe met kampvuur en ‘n winterkus my slapend voor die sterre teen jou hartplek vasgeseën die kind was weer gebore al het die reën ontbreek voor olifant en buffelspoor […]
Woordkomplot (Engelse sonnet) (Goud)
dis in die boorde van jou woordkomplot waar vrug in wrok en wrang sy tak verlaat daar waar die skryfboom driemaal weierbot en elke sin sy snede troebelhaat dis teen die hange van jou skurweberg waar elke krans in kliprant kruheid staan daar waar jou woorde vlym en vinding verg en elke bastion nog sukkelstaan […]
my wonderskone Namib-woestyn (SILWER)
my wonderskone Namib-woestyn Namib-woestyn, geag as skynbaar die heel oudste woestyn op aarde in Nama-taal beteken Namib: ‘wye plek’ jou grense strek van Angola se suide as ʼn smal strook langs kuslyn af tot waar jou onderpunt eindig in Suid-Afrika reënval is ʼn luukse en baie skaars plant en dier oorleef op digte mis wat […]
Is Blondie slim of net slinks?
(Woordtelling 1141) Liewe Sharlies Tron, Genade vroumens! Jy gedra jou darem nou heeltemal te blond, of baie slinks. Ek weet ons ou Afrikaanse taaltjie word al hoe minder gepraat. Dit is nie net ons gesinne wat nie meer groei nie, die sprekers verengels so saggies en sonder dat ons dit agterkom. Dit bly egter […]
Die beeld in die spieël!
Sy kyk in die spieël, sien ‘n verwronge beeld, deur jare heen verrimpeld en verniel. Die gesig ken net trane. Die oë is dof gehuil, Die ore is doof gehoor, die oë wat diep agter in hul kaste skuil. die gesig het sy mooiheid verloor. Die gesig is al net vel en been, en so […]
Die Here is so goed!
Die Here was nog altyd goed vir my, ek sal my vir altyd in Hom verbly. Die lewe daar buite is wreed en boos, die Here sal jou nooit verwaarloos. Hy het nog altyd vir my gesorg en na my omgesien, Hy gee my meer as wat ek ooit verdien. Nederig sal dit my altyd […]
Kop vol idees
Die kop vol idees, die hart vol vrees. Die gedagtes is erger as die bome wanneer die wind daardeur waai, Die hart se gedagtes is swaar gelaai. Die kop wil sy eie manier volg sy eie spore trap, Maar die hart bly vas skop, Dalk kort die kop maar net so bietjie van ‘n klap. […]
Die val van dokter Varkman
DIE VAL VAN D0KTER VARKMAN Opgedra aan ‘n dierbare vriendin Truda Rijkheer † 29 Oktober 2022 Geskryf deur Fanus Strydom 3752 woorde Bokant my kop, en digby die laaghangende plafon, proes en stotter die lugversorger moedeloos aan sy amper-onmoontlike taak. Te danke aan die soveelste, snikhete Kakamas-in-Desemberdag stoei die koelmaakmasjien moedig, maar vergeefs, met die […]