Sus se boomstem.
Sus se boomstem. Lank, lank gelede is daar ʼn blonde krulkopdogtertjie gebore. Haar naam was Marlé, maar gou-gou was sy bekend as Sus onder almal. Sus se ouers het haar mooi opgevoed en het haar vertel van al die dinge wat die wêreld vir haar kan bied. Met die lesse wat Sus so dikwels gehoor […]
Drie Gordyne (Goud)
Hoe is dit hier veel anders as daar, waar China agter die bamboesgordyn konfedereer of waar Rusland weer onder die loodswaar val van die ystergordyn regeer? Want hier, waar ons die gatkant van die Reënboogland met oopbek-verbasing betrag en doofstom snap dat elke tweede Jan Rap – hoewel moreel bankrot – suksesvol op korrupsie floreer; […]
Woorde-engel (Brons)
dit was ‘n Vrydagaand in Desember toe jy weg is na ‘n “beter plek” soos die mense sê wat wil troos maar al die mense se woorde kon my nie troos ek wou die Bomenslike sien soos Simba se Mufasa in die wolke of net ‘n wit duif of veer op my vensterbank maar daar […]
pyn in die skaduwee
pyn in die skaduwee gespanne vinger trek die sneller harde grond, koud teen my wang lig kolk fluitend flouer tot swartheid … pyn, nog pyn flitsende gedagtes breek die donker waarin tyd verdwyn ek onthou te min ek onthou genoeg stilte deur fluisters uitgespoeg al harder tot ‘n angsgil wat neulende pyn verstil woede … […]
Opstaantyd (silwer)
In die wildevy se takke klink ‘n gekke kwetterkoor tiptol se lied is skynbaar nie wat die vinke graag wil hoor bosduif op die telefoondraad het koer-koer na sy maat geroep die afdak se hans mossiepaar soek krummels op die stoep die son groet deur my vensterruit ‘n haan kraai sy frustrasies uit die westewind […]
ek verstaan
ek verstaan ek het jou vanoggend gesien voete op die bank koffiebeker in die hand jy het die dag in ‘n notaboek op jou skoot uitgeskryf deesdae staan ek vroeër op sit dan eerder in die kombuis en lees koerant onthou jy ek kon nooit verstaan waarom jy so … voor jy vra net die […]
Dit is reeds Kersfees in my hart (Brons 574 Woode)
Sommer reeds vroeg in November het ek al ’n paar keer na Little Drummer Boy geluister en met aandgodsdiens sing ons reeds ’n paar gewyde Kersliedere. Die boom word net môre opgesit al is dit normaalweg eerste Desember nog ’n paar dae weg. Die winkels help verseker my Kersfees lus hierdie jaar aan met die […]
laat
laat ek is muurlose stede; stadsmure in aanbou my ontsnappingsroete, ‘n doodloopstraat ek is seilskepe in ‘n kernvloot; tot koning gekroon in revolusie gedood ek is muurlose stede; stadsmure in aanbou; eerste geweerskote in tyd van vrede jy is droë veld en ek vuur ons is waarskuwings te laat uitgestuur ©VonVillon
bloedbrief (silwer)
bloedbrief in die holte van die berg se hand blaas wind rimpels oor die water wat patrone spoel oor die sand en die dag word oopgebreek in skakerings van oranje en rooi wat lig en hitte bring en prente teen die kranse gooi rug teen ‘n uitstaan klip wag sy die eerste strale in met […]