Jou lewe le^ oop vir jou
Brons – gedig deur Johan van Rensburg Jou lewe le^ wyd oop jy moet net die pad loop droom en streef daarna onnodig om te bly kla Oop soos natuur se skoonheid opdrag wees net bereid om elke geleentheid en kans aan te gryp, vinnig besluit. Gebed van ouers vir die jonges hul weet oop […]
Oorlog(silwer)
toe rookreuke verset krete balk skiet hul woorde oor oop verlate vertrekke en ek sien swartwolke vol mismoedige getuienisse ©Morné du Preez
verlange (Brons)
die na-wind van jou seil versteur die blare van my Anthirium; my oë dors na jou sederhoutboeg met die stuitige eikehoutroer ongeduldig salpeter trappe skilfer ongeduldig na die huppel van jou stap soos jy vertrek het, is dit hoe jy gaan kom? die duining voor jou boeg spreek seisoene gebreekte mas geskeurde seil frommel my […]
Probeer
kragloos stukkend ervaring instruksieloos sleutelloos gebreek daar lê die ding nutteloos kyk die ding maak vas los meer dele nou as vroeëer ń oplossing uit te klap bly ń illusie geen oplossing weet nie, wat of hoe die lewe is soos sake staan, geniet die probleem is ook g’n opsie harde koppe stamp oplossings uit […]
huppel kind
– jou verwaaide haartjies spoel om jou laggende gesiggie en kartel in die ligte see briesie suiwer geluk helder klinkend uit jou kinder stemmetjie – nou ‘n kwart leeftyd later skater jou helder lag steeds oor die golwe van my gedagtes suiwer gemoduleer in geluk se enigste ware melodie – ©Teãrlach
Genade fluweelkussing
Graf-stil raak die kleure van blare laaste druppels reën sterf sag tussen rooi-oranje wolke, waar ‘n sensitiewe stilte, uit die lug val Somber grys ruigtes bleek deur die blaarval dryf verby die goue son waar herfs in eerbied vir haar buig Slierte skadu-swart verf wat die nag verswelg waar drome in die duisternis verdwaal begin […]
Terugblink oomblik
Terugblink oomblik Leef oomblikke om van te lewe dank God vir wonderlike tye kan opstaan en voort strewe wil nog soveel doen in lewe Oupa en ouma kyk uit bewonder sit op stoep van hul huis lewe saam was iets besonder kinders gevoel hul altyd tuis kleinkinders saam en boek lees wag bly dat oupa […]
fris
– die geruis van branders beeld die melodie van see lewe uit hang soos ‘n gordyn oor my gedagtes verfris my siel en ek ervaar vrede – die skuim rimpels wat uitspoel kom lê soos ‘n silwer soom op sand baken die grense van see lewe af laat my verstaan wie ek is – ©Teãrlach
Afrika Pizza
in blakers brand kersies flou in groot glasse spoel inferieur rooi wyn genooides oogproe stukkies see vleis olywe smaakies kapers maar lapille* skree kaas verborge onder lae verkose voor enige wyn borrel vuurwarm kaas die komponente so taai gebind op ń dun gemene kors agterna in windhoeke verskeur tande tong en spoeg vermeng geure met […]