Ontsnapping
komplekse remlewe se uitgebreide beperkinge gejaag na wind in ʼn netwerk van stadskringe versmoor in ʼn hamsterwiel van moderne waan die robotpionne van mal metropoolbestaan … aan die buitewyke waar voëlsang nog galm en briese deur heide en boomtakke psalm vind my snakkende voetval deur veldbioom vrede en stof se talkpoeier verdoesel my verlede my […]
DIGTERS KLAAGLIED (goud)
As jy die suiwer klanke van sy lied sou verstaan sal jy ook harmonieer met wat in sy siel aangaan selfs in die kaalheid van hierdie skugter kwatryn verfyn my pen die sirkel van sy mensbestaan. Saans luister ek na sy soet stem ver verby die nanag tot skuins voor die lig van nog […]
Jou musiek sal voortbestaan
jou musiek het stadig gekwyn terwyl jy moes spartel teen die pyn met jou vingers wat traer sou fladdervlinder word jou spel elke dag al hoe minder jy wou nog ‘n simfonie maak wat harte se snare moes raak op ‘n klaviernoot druppel nog ‘n traan want die agteruitgang kan jy nie verstaan […]
As my musiek stagneer
ek dig met ink wat soms op papier traandruppel waar my eurofie oopbars en vreugdevol huppel my woorde optower en dieper delf in my menswees elke letter, elke woord, elke sin en vers ‘n vreugdefees met vol passie brand in my ‘n woordskildervuur ek hang my digpicasso sag aan die digmuur my […]
Smeking
seën my met sublieme musiek my muse ʼn prelude na crescendo kantates met oorwurmrefreine afgerond neurie-sing skeppende solo-note gestring begelei die alfa-rimes van my neurone my muse sodat stimuli vars strofes dig in die akoestiese spelonke van my regterbrein talm-weergalm ʼn inspirasiepsalm maar steeds is jou lippe blou gesnoer jou nootbalke is leeg geoes ek […]
Lugkasteel
In drome waar ek en jy ontmoet saam uitgelate in die wolke baljaar het ek liefde in my hart gevind jou oë se eindlose glimlag het my gebind met ’n melodie in jou hart het jy verskyn die seer in my lewe het jy weggesing kom ons skryf ons liefdesverhaal in ons eie onuitgesporke woorde […]
sensories
om te kan hoor is net genade daarsonder is jy afgesny van die wêreld hoe mens jou gehoor oppas is nogal belangrik jongmense stap oral met oorfone waarin musiek op die hoogste desibels hul gehoor senuwees aanval lae klankgolwe van tussen twintig en veertig hertz soos drom klanke wat aaneen opklink is skadelik ou […]
Woorde word ‘n song
Woorde word ‘n song (Magda van der Walt) Woorde draai heeltyd in my kop, hul volg my oral waar ek gaan soms onverwags verras hul my, ek droom dat hul nooit sal stop Hul maak my wakker in die nag, en in die middernag se uur voor hul kan wegraak skryf ek neer, ‘n melodie […]
Landslied Simfonia
LANDSLIED SIMFONIA Geskryf deur Fanus Strydom 4074 woorde Die mense van Simfonia was oortuig daarvan dat hulle nooit weer die hemelse klanke van hulle geliefde landslied sou hoor nie. Die onderdrukking daarvan het so vinnig en totaal onverwags gekom, dat niemand gedink het enige-een sou ooit weer die dag beleef om weer die heilige […]
Geluidloos staar ek jou agterna
soos ñ nekroloog lees ek jou lippe speel ons lewe voor my af teleurstellend het jy die nag ingevlug en naggeluide ń demper op my plaas geluidloos staar ek jou agterna miskien sal jy tot jou sinne kom helaas was dit die dekmantel jou stilswye het jou weggegee terwyl jou oë alles verklap en ons […]