balhorig
vroeg op die strand stap ek van kant tot kant ja die baai het mos kante westekant en oostekant die jonkheid borrel in my lyf op pure balhorigheid hardnekkige wil die eiesinnigheid vanself weerbarstig stap ek net voort al sleep my voete spore in die koppige sand oud in die lyf jonk in die […]
Bottel die somer Goud
vang vir my die somer in n vaas van fyn kristal sodat dit in prisma oor my wintertuin kan val bottel die son in consol glas dat die hitte daarvan oor my droë akkers kan bars sorg dat daar n reënboog oor die dorre aarde hang wanneer die plante dorstig die volrond druppels vang […]
Ontkommer (silwer)
Kwel julle nie, kom die opdrag meer dringend as dwingend eerder as nóg ‘n wet tot diskwalifikasie of aansporing tot geloofsprestasie ken Hy die bitter worsteling van alleenheid wat die siel verwring Sy opdrag word ‘n omgee-gebaar om dié wat Syne is te spaar van ‘n twyfeltog se eensaam-bang in donker doolhowe se gang om […]
Lente se eerste hartklop
eerbiedig reën lente se eerste hartklop oor winter se laaste asem wat steeds koel jou wang kom streel met sy soetaroma lag die aarde in volkeur oor nuwe botsels wat lewe en hoop bring (C) Jessica Venter 17/09/2024
tyd
langsaam vlieg tyd verby in dit self geen veerkrag eers stadig in jou jeug dan begin dit bokspring dae voel soos ure, maande word weke jare glip uit jou hand eens oorvol ure raak leeg en vaag soos tyd homself smullend verteer so verdun die sop van jou verweer droog jou vel op maak […]
Augustus 2024 – SKULDLAS projek – Uitslae en kommentaar
Augustus 2024 – Skuldlas projek – Wenners en kommentaar Baie geluk aan hierdie 10 lede! WENNERS: GEDIGTE: Brons: (1) No 4 Coenie Horak met Sinkretisme (2) No 33 Retha van Deventer (Pikettie) met Die hel in my (3) No 5 Coenie Horak met Een duisend letter rangskikkings later Silwer: […]
on-ver-genoeg
telkens val dit op my oog en oor dat jy aweregs reageer so asof jy weer-speel oor alle ou onreg nooit tevrede soek altyd meer on is ‘n ondier vanself dui dikwels die negatief aan ver – klink verwyder van die waarheid genoeg – dui op geluk of nie deur die duister […]
Peis
Peis (Villanelle) My foutlyne verrimpel die blanko boeksblad met my regterhand se sweepslaggende letterswaaie inkantansie van swart ink wat my verse klad apatie neutraliseer my wil en wees plet en plat geen gemarginaliseerde perspektief op my blaaie net my foutlyne verrimpel die blanko boeksblad